Vers n dag - 9 Desember
God se tyd is nie ons tyd nie
Hennie Symington
Skrifgedeelte
“Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.†Joh 14:14
Die moderne mens met sy passie vir spoed is nie lief om te wag nie. Hoe vinniger hoe beter. Ons wil dinge nou hê. Selfs rekenaars wat teen die spoed van “witlig†boodskappe stuur maak ons heeltemal ongeduldig as dit soms nie vinnig genoeg gebeur nie.
Ons kan nie eens by ʼn betaalpunt wag om gehelp te word nie - dis die wat elke supermark met ʼn hele lang ry kasregisters staan. Kitskos is ons daaglise brood, en bewaar jou siel as jy die verkeer ophou.
Wanneer God dan soms vir ons sê: “nog nie†klink dit in ons ore soos “nooit nieâ€. Ons is geneig om te sit en wag vir die eindtyd vir God se beloftes om waar te word terwyl talle beloftes van God reeds in menseheugenis vervul is. Ander wag weer om in die volheid van die tyd en volgens die wysheid van God in vervulling te gaan.
Beloftes wat reeds en steeds waar is:
Baie duisende jare gelede het koning Salomo by die inwyding van die tempel met vrymoedigheid kon sê: “Geloof sy die Here wat aan sy volk Israel 'n vaste woonplek gegee het soos Hy beloof het. Nie een van die goeie beloftes wat Hy deur sy dienaar Moses gemaak het, het onvervul gebly nie.â€1 Kon. 8:56
Vergifnis van sondes is vinniger as ʼn sms.
Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 1 Jn. 1:9
God se aard en wese vir ewig bly staan.
Ek, die Here, het nie verander nie… Mal. 3:6
God verlaat ons nie.
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. Mt. 28:20 (ou Vertaling)
God stuur sy Heilige Gees om in ons te woon
In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Tim. 1:13
Ons is familie van God:
In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Efes. 1:5
Hy beantwoord ons gebede en beloof om in ons behoeftes te voorsien
As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? Mt 6: 30
Hy verseker ons van saligheid:
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Joh. 10:28
Hy gee aan ons geestelike gawes:
...ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Rom 12:6
Hy gee ons gemoedsrus.
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Filip. 4:7
God is steeds teenwoordig van die grondlegging van die aarde af tot in ewigheid. Maar die grootste belofte wat reeds bewaarheid is, is dat God sy Seun gestuur het om ons met Hom te versoen.
Kyk, die maagd sal swanger word en ʼn seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. Mt. 1:22 (Ou vertaling)
Geniet Kersfees met dankbaarheid en blydskap vir die grootste geskenk ooit.!
Gebed
Here, U is so oneindig goed vir my, terwyl ek soms siende blind na u kyk.