Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Eerste Petisie - 15 April 2016

Hennie Symington

… Laat u Naam geheilig word.  Matteus 6:9

Vir ʼn Jood was sy naam meer as net ʼn manier om hom fisies te eien; sy naam vertel ook iets oor sy geaardheid. In hierdie geval is daar geen twyfel dat die gebed aan God gerig is nie. In die Ou Testament het God se Naam “homself” beteken. God se Naam was beskou as te heilig om uit te spreek en dus is daar in die Hebreeus bloot na Hom verwys as ha-shem, ‘die naam’.

Wanneer ons vra dat God se Naam geheilig sal word, bid ons dat God self die eerbied en eer wat Hom toekom moet ontvang. Om eer aan God te gee, beteken ook om sy plek as Heerser van die heelal te erken.

Wanneer ons hierdie gebed bid, dan erken ons ook dat God se aard heilig en anders is as ons sʼn. Dit moedig ons aan om in die voetspoor van ons Skepper te loop terwyl ons heiligheid in ons eie lewens nastreef. Oordink die karakter van God en vra op watter wyse jy sy Naam kan verheerlik.

Gebed: Here in ʼn sekulêre wêreld is heiligheid ʼn skaars kommoditeit. Tog het U u tuiste in my binneste kom maak. Leer my om u nabyheid in beide die sakrale sowel as die alledaagse raak te sien. Amen

Previous article: Tweede petisie - 18 April 2016 Prev Next article: Die hemel is waar God is - 14 April 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.