Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Die sesde petisie - 22 April 2016

Hennie Symington

En laat ons nie in versoeking kom nie … Matteus 6:13

Hierdie sin in die oorspronklike Grieks wat gewoonlik vertaal word as “lei ons nie in die versoeking nie” soos in die Afrikaans 1933/1953-vertaling,  is moeilik om te vertaal. In die Grieks beteken dit dat ons nie moet toelaat dat ons in versoeking kom nie, maar terselftertyd dat ons ook nie moet toegee aan versoeking nie. Dus, wanneer ons bid, moet ons albei van hierdie betekenisse in gedagte hou. Die een lei tot die ander.

Wanneer ons versoek word, is dit gewoonlik deur iets wat op die oog af vir ons goed en reg lyk. Ons word nie in die versoeking gelei deur die kwaad nie; maar ons word soms versoek om die kwade te doen om iets goeds daaruit te laat voortkom. Ons is lief om te glo: die doel heilig die middele. Dikwels is ons motiewe suiwer wanneer ons toegee aan versoeking, maar wanneer ons slegs daardie sogenaamde “iets goeds” raaksien en die gevolge daarvan ignoreer dan soek ons moeilikheid.

Wanneer ons toegee aan versoeking, dan laat ons ons eie wil geld en nie die wil van God wat verder as ons beperkte insig sien nie. Hy weet waarvan ons gemaak is en hoe maklik ons struikel. Hierdie deel van die gebed is dus ʼn waarskuwing aan ons om nie te sondig en dit te regverdig vir watter rede ookal nie.

Gebed: Die mens is ʼn gebore plannetjiesmaker. Maar so dikwels loop ons ons vas in ons eie skemas en leuens. Laat my eerder u wil soek.  Amen

Previous article: Sewende petisie - 25 April 2016 Prev Next article: Vyfde petisie - 21 April 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.