Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (4) - 6 Julie 2016

Gister het ons geleer dat ons ons daaglikse "Woord" moet kry, moet opstaan vir dit waarin ons glo en dat ons woorde ons getuie moet wees, om te verhoed dat ons moed verloor in moeilike omstandighede.

In die padkaart vir die lewe, die Bybel, leer ons ook dat ons ons prioriteite agtermekaar moet kry. Besluit wat jy vandag alles moet doen, skryf dit neer as dit help, prioritiseer dan jou lysie en vat dit van bo af. As ʼn taak nie moontlik gaan wees vir die spesifieke dag nie, moet dit nie op die lysie skryf nie! As jy regtig nie gemaklik daarmee is om lysies te maak nie, probeer ten minste om binne ʼn wyer raamwerk, wat as vertrekpunt kan dien, te werk te gaan.

“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Matteus 6:31-33

Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Psalm 37:4

Dissiplineer jouself. Maak ʼn punt daarvan om jouself te dissiplineer. As jy dit nie doen nie, gaan niemand nie – nie eers God nie!

Kennis begin met die dien van die Here;dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.  Spreuke 1:7

Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Hebreërs 12:1b-2a

Gebed: Here, dankie dat U ons uit die Skrif leer en aan ons wysheid vir ons lewens skenk. Help my om myself vandag en elke dag te dissiplineer en U as my eerste prioriteit te stel. Amen

Previous article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (5) - 7 Julie 2016 Prev Next article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (3) - 5 Julie 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.