Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (7) - 11 Julie 2016

Hoe duideliker jy dit waarin jy glo, kan verwoord, hoe makliker is dit om jou prioriteite in lyn te bring met jou waardes. Lees in Romeine 12:9-19 Paulus se opsomming van ʼn Christelike leefstyl gebaseer op Jesus se leringe:

  • Die liefde moet opreg wees.
  • Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.
  • Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
  • Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
  • Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.
  • Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.
  • Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.
  • Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.
  • Wees eensgesind onder mekaar.
  • Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges.
  • Moenie eiewys wees nie.
  • Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.
  • As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Wanneer ons oor Christelike waardes gesels, vra mense dikwels wat van die Tien Gebooie? Die eerste vier gebooie dien as riglyne oor hoe ons God moet liefhê, en die laaste ses oor hoe ons mekaar moet liefhê. Jesus verwys na ʼn hele paar van die gebooie en beklemtoon die toepassing daarvan in sy preke. Hy keur nie net moord af nie, maar Hy doen ʼn beroep op sy volgelinge om te verstaan dat onopgeloste woede ook ander mense vernietig. Hy verbied nie net ontrouheid nie, maar Hy vra sy volgelinge om rein harte en gedagtes te hê.

“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ’n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ’n idioot, is strafbaar met die helse vuur.”  Matteus 5:21-22

“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.” Johannes 14:15

Gebed: Here Jesus, gee dat ons volgens u leringe en u wil sal leef..Amen

Previous article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (8) - 12 Julie 2016 Prev Next article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (6) - 8 Julie 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.