Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (11) - 15 Julie 2016

Daar is geen rede vir ʼn mens met insig en genoeg verstand om bang te wees vir die lewe nie. Wees net versigtig vir die valstrikke wat jou geluk en onskuld kan steel.

Pornografie is een so ’n dodelike virus. Pornografie is so oud soos die mensdom self, maar met moderne kommunikasiemedia is dit so al so maklik toeganklik en wydverspreid dat niks meer spesiaal of heilig is nie. Selfs die mees onskuldiges onder ons is al negatief daardeur geraak. Die Bybel is reguit in die veroordeling van seksuele onsedelikheid:

’n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is. God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek. Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ’n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. 1 Korintiërs 6:13b-14,18

Wees verstandig oor drank en dwelms. Daar bestaan nie iets soos slim dwelms of drank nie, ten spyte van wat televisie-advertensies mag uitbeeld. Dit maak lafaards van selfs die slimste mense. Tog is die gebruik daarvan al volkome deel van ons hedendaagse sosiale samelewing. Wees bewus daarvan dat daar mense in jou vriendekring, by jou werk of selfs in jou familie mag wees wat baie drink of dwelms gebruik. Aanvaar dat hulle hul keuse gemaak het en jy het joune gemaak. Kies om tussen mense te wees wat pret kan hê sonder om onder die invloed van alkohol en dwelms te wees.

Dronkenskap is nie ’n mooi gesig nie. Die Bybel praat dikwels van die effek van alkoholmisbruik en dieselfde geld vir dwelmmisbruik. Die skrywer van Spreuke waarsku ons:

Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie. Spreuke 20:1

Gebed: Here Jesus dankie dat my lewe in u hande is en dat U deur u Gees my teen die valstrikke van die lewe sal beskerm. Amen

Previous article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (12) - 18 Julie 2016 Prev Next article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (10) - 14 Julie 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.