Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (12) - 18 Julie 2016

Op elkeen van ons se lewenspad gaan daar tye kom wat ons eensaam of afgesonder voel. Dit kan om eenvoudige redes wees, soos verhoudingsprobleme met ʼn eggenoot of die verlies van ʼn geliefde. Ongeag jou ouderdom, kan eensaamheid ʼn groot probleem wees aangesien dit nie maklik is om ʼn groep eensgesinde mense te kry om mee te sosialiseer nie.

Jesus, wat eensaamheid en verwerping verstaan, het soos een van ons geword. Johannes skryf:

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Onshet sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Johannes 1:14

Die psalmis het dikwels na God geroep as hy eensaam en wanhopig gevoel het:

Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote. Psalm 25:16

Antwoord my, Here, in u wonderlike liefde, verhoor my in u groot barmhartigheid!  Moet tog nie u dienaar alleen laat nie! Ek is in groot gevaar, antwoord my tog gou! Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs, op mense om my te troos, maar daar was nie een nie. Psalm 69:17-18,21b

ʼn Gevoel van eensaamheid kom en gaan in die lewe. Wanneer jy ’n laagtepunt bereik en as jy egter gedurig eensaam voel om geen spesifieke rede nie, kan dit ʼn teken van depressie wees. In so ʼn geval moet jy met jou familie, ʼn vriend of ʼn berader daaroor praat.

Jesus, wat uiterste eensaamheid ervaar het, gee vir jou ʼn plek in sy hart:

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Matteus 11:28-30

Gebed: Here Jesus dankie dat U vir ons plek in u hart het en altyd gereeds is om ons te vertroos. Dankie dat ons weet dat u Heilige Gees in ons woon en dat ons dus nooit alleen is nie. Amen

Previous article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (13) - 19 Julie 2016 Prev Next article: Padkaart vir die lewe – wysheid vir die lewenspad (11) - 15 Julie 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.