Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 19 Januarie

Spring op die palm van die hand van God!”

Hennie Symington

Wees my genadig, Here, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. Ps. 31:10

Hy sal sy engele opdrag gee

om jou te beskerm

waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,

sodat jy nie jou voet

teen 'n klip sal stamp nie. Ps 91:11

Gryp God se reddingstou

Wat doen ʼn mens as jy so boomskraap-laag voel dat jy regtig geen uitkoms meer sien nie? Jou eerste instink is om te spartel. Jy hardloop herwaarts en derwaarts opsoek na iemand of iets wat jou probleem kan oplos. Jy probeer weghardloop. Jy probeer leuens, beland in ingewikkelde verhoudings, neem dwase besluite – noem maar op – en alles tot jou eie skade.

In hierdie geskarrel skop jy soveel stof op dat jy nie eens God se hand van redding raaksien nie. Terwyl jy op jou eie vermoëns staat maak, het God rustig vir jou gesit en wag om Hom op sy woord te neem. Hy het met jou ʼn verbond gesluit die dag toe jy gedoop is of toe jy vir die eerste keer bewus geraak het van Sy teenwoordigheid in jou lewe. Daarvoor hoef jy nie ander se woord te neem nie, jy kan op God se Woord vertrou. Hy het belowe: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Heb 13:5. Ou vertaling) Is jy bereid om jouself op die palm van God se hand te plaas?

Begin vandag nuut met God.

Dink aan wat jou die naaste aan God laat voel? As daar niks is nie, gaan lees gerus die Psalms een vir een deur. Dit kom uit die hart van ʼn mens soos ek en jy wat deur die lewe gemaal is en enduit op God vertrou het. Tussen die lyne sal jy jouself en God weer vind.

Gebed

Here, u is my laaste hoop. Dankie dat U my lankal op die palm van u Hand bewaar het.

Amen

Previous article: Vers n dag - 20 Januarie Prev Next article: Vers n dag - 18 Januarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.