Vers n dag - 31 Januarie
HUIDIGE REEKS: Ontdek God . . . van A-Z (die vervolg). Elke dag word gekyk na ’n ander letter en God se eienskappe daaraan gekoppel. Vandag is dit “Qâ€. (Kry gerus A-P wat in November uitgegaan het op www.versndag.co.za).
DAG 17: GOD HET JOU AS ’N Q-SKIP GESKAPE
Deur Benescke Janse van Rensburg
Het jy al ooit van ’n Q-skip gehoor? Dit is ’n oorlogskip wat tydens oorloë as ’n handelskip vermom word. Sodra die vyand se skepe naby genoeg aan die Q-skip beweeg word die sluiers oor dié skip gelig en die ammunisie afgevuur om die vyand se bote te sink.
God het ons elkeen as ’n Q-skip geskape en hope potensiaal aan ons binnekant geplaas – net soos die ammunisie in die buik van die oorlogskip opgestapel lê. Wanneer ons besef dat Jesus die vyand aan die kruis oorwin het en dat Hy aan ons die outoriteit gegee het om dieselfde te doen, kan ons elke uitdagende situasie met selfvertroue tegemoet stap met die wete dat Hy aan ons die oorwinning sal gee.
In Efesiërs 6 skryf Paulus dat ons daagliks in ’n oorlog betrokke is teen ’n onsigbare vyand. Satan en sy trawante val ons dalk nie met fisiese handgranate, geweerskote of bomme aan nie, maar wel in die vorm van ’n gemene baas by die werk, onsensitiewe woorde van ’n huweliksmaat of ’n vriend of vriendin of selfs ’n onverwagse ramp wat ons families tref. Hy wil ons vreugde steel en ons laat glo dat ’n slegte situasie in ons lewens nooit sal verander nie. Hoe langer hy dit regkry om ons minderwaardig of verwerp te laat voel, hoe lekkerder kry hy. Só verhoed hy ons immers om die potensiaal wat God binne ons geplaas het, raak te sien en uit te leef.
Ek wonder, is daar drome wat jy in jou hart weggebêre het omdat jy nie die moed het om dit na te jaag nie? Wou jy byvoorbeeld nog altyd leer sing of kitaar speel? Of dalk om die wêreld seil of Kilimanjaro gaan uitklim? Of dalk ’n boek skryf of jou eie onderneming begin? Wat verhoed jou? Ongegronde vrese? Geld? Tyd? Jou ouderdom?
Luister weer na Paulus se woorde in Filippense 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.†(1953-vertaling)
By God is daar geen vervaldatums vir ons drome nie. Hy besit al die geld in die wêreld en kan ons vrese in ’n oomblik wegneem. En wanneer dit voel asof ons tyd min is of ons te oud is, moet ons, onsself opnuut herinner dat ons in ’n uur saam met Hom soms meer kan vermag as wat ons in ’n leeftyd sonder Hom kan bereik.
Trek dus vandag ’n pen en papier nader en begin skryf jou drome neer. Onthou, in God se oë is jy ’n oorlogskip met ’n buik vol potensiaal. En saam met Hom is enigiets moontlik! Sterkte.
Vader God, dankie dat ek kan weet dat U die drome en passies in my hart geplaas het toe U my gevorm het. Versterk my vandag en gee aan my die wysheid om te weet waar ek moet begin om my drome te verwesenlik. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Benescke Janse van Rensburg is ’n vryskutskrywer en radio-omroeper by Radiokansel. Vir meer inligting oor die stasie besoek gerus www.radiokansel.co.za
NUUSBROKKIE:
- HUIDIGE REEKS: In November 2010 het ek die letters A-P van God se karakter geskryf. As jy dit gemis het, kan jy dit in ons argief by www.versndag.co.za opspoor. Vir hierdie week skryf ek Q-Z. Jy kan elke dag deelneem deur jou voorstelle vir die volgende letters na
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur. Aan die einde van die week word die kreatiefste deelnemer vir die week gekies.
BRIEF VAN DIE SKRYWER: Dit is fantasties om terug te wees. Dankie vir al die e-posse wat ek oor Desember en Januarie ontvang het. En ook ’n groot dankie aan elkeen wat reeds ’n kopie van my boek, Ontdek God in die stories van mense, gaan koop het.
Vir hierdie week gaan ek die A-Z reeks klaarmaak en van volgende week af ’n nuwe reeks begin. Neem dus daagliks deel deur jou kommentaar en getuienisse na
Mag julle ’n wonderlike week hê en God se teenwoordigheid daagliks tasbaar in jou lewe ervaar!
Groetnis, Benescke
TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na:
HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
Â