Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Die heiden wat van melaatsheid genees is en toe geglo het - 9 November 2016

Neville Turley

Iemand wat 'n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’ Hy bly onrein solank hy die siekte het. Hy moet dan ook in afsondering lewe en buite die kampplek bly. Levitikus 13:45-46

Koning Joram, die koning van Israel, was heel verslae en geskok toe die koning van Aram sy leërhoof wat melaatsheid opgedoen het, na hom toe stuur met 'n versoek dat Naäman genees moet word.

Joram was ontsteld oor die onmoontlike versoek en hy was bang dat dit deel van 'n komplot was om hom te onttroon. Elisa, die profeet van God, het die koning laat weet dat Naäman na sy (Elisa) se huis toe moet kom.

Toe Naäman daar aankom, het Elisa nie soos die gebruik was uitgegaan om hom te ontmoet nie. Hy het sy bediende uitgestuur wat vir Naäman gesê het om hom sewe keer in die Joordaanrivier te gaan was. Naäman, 'n baie belangrike man was woedend en hy is daar weg.

Naäman se bediendes het hom egter oortuig om Elisa se raad te volg. Hy het dit gedoen en hy is onmiddellik genees. Vol dankbaarheid is Naäman terug na Elisa: "Ek weet nou, daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel. Aanvaar asseblief hierdie geskenk van my.” (2 Konings 5:15)

Elisa het egter beslis geweier. Deur niks te aanvaar nie het hy dit baie duidelik gemaak dat Naäman deur die genade van God alleen genees is en nie deur iets wat Elisa gesê of gedoen het nie.

Naäman het hom toe verbind om "… brandoffers en ander diereoffers [te] bring, net aan die Here, nie langer aan enige ander god nie."

Hierdie woorde van Naäman herinner aan die eerste gebod wat Moses ontvang het en later deur Jesus herbevestig is ‑ Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Die Here verwag van ons algehele toewyding, maak nie saak watter versoekings of uitdagings ons moet oorkom nie. Ons verhouding met die Here is belangriker as enige ander verhouding. Geen ander verhouding mag die plek inneem van ons verhouding met God nie.

Gebed: Here, gee dat ons ons getuienis dit vir ander duidelik sal maak dat U eerste in ons lewens is. Amen

Previous article: Gierigheid kan tot ons ondergang lei - 10 November 2016 Prev Next article: Hoekom is Elisama en Baruk vir ons belangrik? - 8 November 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.