Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Mense rondom die geboorte van Jesus: Die sterrekykers - 13 Desember 2016

Xanthe Hancox

Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”  Matteus 2:1-2

God se Seun is nie in een van Herodes die Grote se paleise gebore nie, of eerste aan die Hoëpriester, 'n godsdienstige leier, gewys nie. Maria, 'n eenvoudige Joodse meisie, het aan Hom geboorte geskenk en Hy is deur Josef, 'n eenvoudige Joodse timmerman, grootgemaak. Sy eerste besoekers was 'n paar skaapwagters, nomade wat nie juis hoë aansien in die samelewing geniet het nie. In die tempel is Hy gegroet deur Simeon, die regverdige, en Anna, 'n weduwee, beide bekend vir hulle getrouheid en toewyding aan God. En toe, in die volgende maande of jaar, het die sterrekykers, vreemdelinge, heidene uit die ooste, Hom kom besoek.

Wie was hierdie sterrekykers? Sommige geleerdes dink dat hulle astroloë was, ander dat hulle gesante van 'n koning was of miskien self koninklikes. Hoeveel sterrekykers by Herodes aangekom het (nêrens in die Bybel sê dit dat daar drie was nie) of wat hulle posbeskrywings was, maak nie regtig saak nie. Wat wel saak maak is die waarheid oor Christus wat Matteus ons van vertel.

Eerstens, Jesus is die Messias, die Koning van die Jode, en moet as sulks geëer word. Jesus moet egter nie net deur die Jode aanbid word nie, maar deur al die volke van die wêreld, en dit is wat die sterrekykers uit die ooste ons leer.

Nog 'n waarheid wat ons moet raaksien is dat God die heelal beheer en bestuur sodat mense sy Seun kan leer ken en aanbid. Telkens slaan die Bybel ons dronk oor hoe sekere dinge gebeur het. Hoe het hierdie "ster" die wyse manne van die ooste na Jerusalem gelei? En hoe het die ster hulle vooruitgegaan op die 7 km-stap van Jerusalem na Betlehem soos vers 9 ons vertel? En hoe het die ster gaan stilstaan "bo die plek waar die Kindjie was."? Die antwoord is: ons weet nie.

Die punt is dat die ster iets buitengewoon gedoen het omdat God dit ontwerp het om dit te doen. Matteus wys ons hoe God selfs die sterre aan die hemel gebruik het om die sterrekykers na Betlehem te lei om sy Seun te aanbid.

Dit is grootste doel met alles – dat God se Seun geken en aanbid moet word.

Gebed: Hemelse Vader, ons loof U omdat U u Seun gestuur het om vir die sondes van die wêreld te sterf. Help ons om Hom, soos die sterrekykers van ouds, te erken en te aanbid.  Amen

Previous article: Mense betrokke by die geboorte van Jesus: Koning Herodes - 14 Desember 2016 Prev Next article: Mense betrokke by die geboorte van Jesus: Anna - 12 Desember 2016 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.