Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Slegs Jesus - 26 Januarie 2016

Xanthe Hancox

Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand 'n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik 'n ander gees en 'n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het.  2 Korintiërs11:3-4

In die laaste hoofstukke van twee Korintiërs deel Paulus met een van die gevaarlikste bedreigings vir enige kerk enige plek in die wêreld – die vernietiging van 'n kerk van binne deur leraars wat afwyk van die waarheid.

Mens sien dit steeds vandag met predikante wat welvaart en sukses beloof aan diegene wat Jesus volg, dikwels in materiële terme. Hierdie vals lering berei mense nie voor vir die realiteit van die lewe in 'n gevalle wêreld nie en ook nie vir die noodsaaklikheid om in vertroue en geloof voort te gaan nie.

Dit is hoekom die fokus van Paulus se bediening in Korinte, soos in elke stad wat hy besoek het, Jesus was. Slegs Jesus. Dit is so maklik om Jesus uit die oog te verloor te midde van al ons Christelike aktiwiteite en ons godsdienstige lewe. Jy kan Hom verloor in die druk van jou daaglikse bestaan. Jy kan so besig raak en so bekommerd en angstig oor jouself en die dinge wat met jou gebeur, dat jy vergeet dat Jesus by jou is en dat Hy genoeg is. Dit is die wonderlike eenvoud wat in Jesus is.

Die kerk in Korinte was betrokke by allerhande fassinerende filosofieë en intellektuele debatte wat soort van op die Woord van God gebaseer was, maar wat die spoor byster geraak het en Christus heeltemal uit die oog verloor het.

Die enigste manier om te verhoed dat jy vasgevang word in 'n wêreld vol bedrog en dwaalleringe is eenvoudig dit: bly naby Jesus. Behou die eenvoud van dit wat Hy ons leer. Wandel elke dag met die Seun van God by jou.

Gebed: Dankie Hemelse Vader, dat deur u Seun leer ons die waarheid en dat u Woord ons leer wat verkeerd is. Dankie dat alhoewel ons in 'n gevaarlike wêreld woon, word ons deur die getroue Herder bewaar. Gee dat ons naby U sal bly en dat niks ons van U sal wegneem nie. Amen

 

Previous article: Maak oop julle harte - 27 Januarie 2017 Prev Next article: Moenie moed verloor nie - 25 Januarie 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.