Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

'n Doring in die vlees - 30 Januarie 2017

Xanthe Hancox

Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”  2 Korintiërs 12:7-9

Ons weet nie wat die apostel Paulus se doring in die vlees was nie, maar dit het vir hom ernstige kroniese probleme gegee. Paulus sê hy het die Here drie keer gevra om hom te genees. In bybelse taal mag die getal drie wel beteken dat Paulus gebid het totdat hy gevoel het hy kan nie meer nie. Op 'n stadium het Paulus egter besef dat hierdie beproewing vir die res van sy lewe syne sou wees om te dra.

Ons weet wel wat Paulus hier na verwys, is nie 'n sonde nie. Hy praat nie oor 'n tipe gedrag of slegte keuse wat hy gemaak het nie. Hy sê nie dat die krag van God  tot volle werking kom in die verkeerde keuse wat hy gemaak het of dat hy in sy verkeerde keuse sal roem nie.

Die swakheid waarna hier verwys word, is nie onvolmaakte gedrag nie. Dit is omstandighede en situasies en wonde wat ons swak laat lyk; dit is dinge wat ons heel moontlik ontslae van sal raak as ons die menslike krag daartoe gehad het. So, waar kom dit vandaan?

Soos in die geval van Job – God het Satan toegelaat om sy regverdige dienskneg te beproef, en het toe Job se beproewing ten goede laat meewerk.

Of die doring in jou vlees nou gesondheids-, finansiële, gesins- of verhoudingsprobleme is, maak nie saak nie, dit alles is 'n uitdaging in ons daaglikse bestaan. Soos pyn en woede in ons binneste toeneem, so sink ons soms al hoe dieper weg in 'n put van wanhoop en bitterheid. Ons roep tot God en smeek vir verligting of genesing. En as God nee sê, voel ons asof Hy ons verlaat het.

Maar met die versekering van God, het Paulus beter verstaan. Nadat Paulus sy hart voor die Here uitgestort het, het hy besef dat die Here gaan toelaat dat hy met hierdie "doring" met sy lewe moet aangaan. Wat gebeur volgende? Die Here lei Paulus tot 'n dieper geestelike ervaring. Hy ontvang groter insig in die ware betekenis van die lewe as wat hy sonder die doring sou gehad het. Paulus leer dat genade meer is as genesing, meer as verligting, meer as dit waarvoor hy gevra het.

God neem Paulus se swakheid en gebruik dit om hom sterk te maak vir die stryd teen die sonde en die bose. God werk vandag nog op dieselfde manier. Sy genade is steeds genoeg.

Gebed:  Here Jesus, soms voed dit asof U my verlaat het. Help my om te onthou dat u genade vir my genoeg is. Dankie vir u genade en krag. Amen

Previous article: 'n Woord van vrede - 31 Januarie 2017 Prev Next article: Maak oop julle harte - 27 Januarie 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.