Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Dag 15: EK IS . . . HOOR ONS GEBEDE - 21 Februarie 2017

Benescke Janse van Rensburg

Agt jaar gelede het Audrey Strydom gespanne op die hospitaalbed in die Tygerberg-hospitaal gelê. Met haar eerste swangerskapsonar is verskeie komplikasies by haar baba opgetel. Buiten vir die water op sy hoof, het hy 'n skewe ruggraat gehad. Sou hy bykans het die dokters voorspel dat hy geen kwaliteit van lewe sou kon geniet nie. Die aanbeveling was dat sy liewer die swangerskap termineer. Met drie inspuitings sou alles verby wees.

Audrey se hart het vinnig geklop. Was dit die regte besluit? Ná die eerste inspuiting, het sy opgestaan en by die hospitaal uitgestap huis toe. Sy het daardie dag besluit dat al leef haar seuntjie net vir 'n paar minute na sy geboorte, sal hom sal koester.

'n Moeilike tyd het vir Audrey voorgelê. Omdat sy 'n hoë risiko swangerskap gehad het moes sy elke maand ingaan hospitaal toe vir 'n skandering. Elke keer was die nuus verdoemend. Rondom 7 maande van swangerskap, was sy op 'n dag by die werk waar sy as kelner gewerk het. 'n Kliënt het haar gevra hoe ver swanger sy is. Meteens het Audrey in trane uitgebars en die kliënt haar storie vertel. Die spanning was erg. Die kliënt genaamd Riëtte het haar hand op Audrey se buik gelê en vir haar ongebore baba gebid. Later daardie dag het sy vir Audrey 'n Bybel gebring en 'n babasak. Die Bybel moes sy lees en die babasak met babaklere vul. Tot in daardie stadium het Audrey uit vrees vir wat moontlik kan gebeur geen klere gekoop nie. Sy het egter besluit om dit in geloof te doen.

In die weke in aanloop tot die geboorte van Audrey se seuntjie, het sy en Riëtte telkemale saam gebid en vertrou dat God 'n wonderwerk sal doen. Met die aanbreek van die laaste skandering het die professors ekstra lank geneem om na die sonar te kyk. Meteens het hulle begin hande klap. Hulle kon dit nie verduidelik nie. Alles was meteens normaal. Daar was nie 'n druppel vog op die seuntjie se brein nie en sy ruggraat was reguit. Hulle almal was dit eens. Hierdie was 'n onverklaarbare wonderwerk!

Vandag is Ayden 9 jaar oud. Volkome normaal. Audrey vertel dat hy vir hulle almal 'n ligstraal is: "Ayden laat ons nie by die huis uitstap voordat ons nie eers soggens gebid het nie en ons mag nie saans gaan slaap voordat ons die dag in gebed afgeëindig het nie. Hy is my wonderwerk en ek prys God daarvoor!"

In 1 Johannes 5:14 lees ons: "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra." Ook in Markus 11:24 staan geskryf: "Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees." En in Psalm 4:4 skryf die Psalmdigter: "Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep."

EK IS hoor ons gebede. Soms posisioneer Hy ons om daar te wees om soos Riëtte saam met Audrey te bid. Doen jy dit? En as jy 'n wonderwerk in jou lewe benodig: Kom ons kyk weg van verdoemende verslae en kyk op na die Een wat nooit verander nie. Hy is die Almagtige God en kan vandag steeds wonderwerke doen. Kom ons prys sy naam! Amen.

Vader God, baie dankie dat U die einde van die begin ken. Dankie dat  U my gebede hoor - en verhoor. Help my om soos Audrey in geloof te bly staan vir U wonderwerkende hand. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen. 

  • Sien fotos van Audrey en haar seun, Ayden by www.benescke.co.za en luister na Audrey se getuienis hier: http://benescke.co.za/podcast/getuienis-van-audrey-strydom/
  • OPDRAG: Kies om doelbewus weg te kyk van verdoemende omstandighede of verslae en die Een te vertrou wat die heelal in sy hande hou.
  • TERUGVOER: Stuur gerus jou terugvoer, getuienis of vrae rondom die tema na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Benescke
Previous article: Dag 16: EK IS . . . LEI ONS DAAGLIKS - 22 Februarie 2017 Prev Next article: DAG 14: EK IS. . . IS SOMS STIL - 20 Februarie 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.