God roep ons om in elke seisoen te blom - 16 Maart 2017
Hennie Symington
Ek beveel jou ... verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig. 2 Timoteus 4:2
Soos mense deur al die eeue heen, verstaan ons nie altyd die verskillende seisoene in ons lewens nie. Daar sal altyd tye van voorspoed sowel as tye van ongelooflike swaarkry en omwenteling wees. As jy voorbereid is op elke seisoen, stel dit jou in staat om die beste opbrengs tydens die oestyd te kry. Met ander woorde, wees bewus van elke seisoen en die insette wat die seisoen vereis.
Om voorbereid te kan wees is ʼn gawe van die natuur aan ons gees om ons te herinner dat God werksaam is in ons eie harte om ons gereed te maak vir ons werk op aarde. En terwyl ons wag vir die oes om ryp te word, leer ons geduld. En soos die wyse man in Prediker, moet ons die seisoene leer ken en die werk doen wat elke seisoen vereis. Aanvaar dat daar in ons lewens ook ʼn tyd is om te plant, ʼn tyd om rus, ʼn tyd om water te lei, en uiteindelik om te oes. Eers dan kan ons uitsien na die oes.
Nog ʼn gawe uit ons tuin is die gawe van vrygewigheid want wanneer ons bereid is om dit wat ons het te deel met ander, doen ons dit in navolging Christus wat nie net sy liefde en vergifnis met ons kom deel het nie, maar sy lewe.
Gebed: Here, U vra van ons om in seisoen en buite seisoen op U te vertrou om op die regte tyd te oes. Leer ons om geduldig te wees. Amen