Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

My tye is in God se hand - 20 Maart 2017

Hennie Symington

Wie die wind dophou, saai nie, wie na die wolke kyk, oes nie.  Prediker 11:4

As mens, is dit goed om altyd in gedagte te hou dat God se belangrikste doel met ons is om ons voor te berei en te vorm vir die ewigheid. As ons dit kan verstaan, begryp ons ook dat ons nie altyd voorspoedige seisoene gaan beleef nie. Selfs die regverdige man in Psalm 1 wat in die woord van die Here sy vreugde vind, “dra vrugte op die regte tyd” (Psalm 1:1-3), nie ontydig buite seisoen nie. En of ons nou vrugte in hierdie seisoen of later dra, glo en vertrou dat God steeds aan die werk in ons lewens is.

Hoe sien ek dus uit na ʼn oes sonder om moed te verloor of die hoop om ooit vrugte op my arbeid te sien? Die antwoord hierop? Kyk terug oor jou lewe na die talle landerye wat jy bewerk het, die saad wat jy gesaai het en die vrugte op jou arbeid wat jy oor baie jare geniet het.

Vra jou af: Wat kan ek wys word uit hierdie seisoen van my lewe wat my riglyne kan gee vir die volgende seisoen? Sal dit help om te weet dat ek kan leer selfs uit die donker seisoene van my lewe, wat my in staat stel om geloof en hoop te bied aan ander wat swaarkry? En om nie moed te verloor nie, maar te weet dat God jou selfs in die donkerste tye nooit in die steek gelaat het nie? Dikwels vind groei plaas in die diepste valleie en skeure van die siel sonder dat jy dit self agterkom. In donker tye, glo en weet dat jy nooit op jou eie was nie.

Gebed: Here, dikwels raak ons moedeloos as die seisoene kom en gaan sonder enige teken van groei. Herinner my om terug te kyk na die tye toe ek naby aan U was en besef het dat U my nooit alleen gelaat het nie. Amen

Previous article: God laat groei! - 22 Maart 2017 Prev Next article: As alles tot niks kom! - 17 Maart 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.