Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

My rots en my vesting - 26 April 2017

Xanthe Hancox

Wees vir my 'n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting.  Psalm 71:3

In 1763 is eerw Augustus Toplady in 'n donderstorm vasgekeer. Hy het in 'n skeur in 'n rots van 'n honderd voet hoog, skuiling gesoek. Daar word vertel dat hy 'n speelkaart uitgehaal het en die woorde van "Rock of Ages" (Eewge rots, geklief vir my) agterop neergeskryf het. Indien jy Burrington Combe in Engeland besoek, sal jy 'n gedenkplaat op 'n rots vind om Toplady se lied te herdenk.

Stel jou voor, daar sit Toplady in die skeur in die massiewe rots wat hom teen die storm beskerm, en dit herinner hom aan 'n ander Rots. Jesus is daardie Rots. "Dit is my liggaam wat vir julle gegee word." Hierdie was Jesus se woorde aan sy dissipels tydens die laaste paasmaaltyd wat Hy met hulle gedeel het. Jesus se liggaam is aan ons gegee – gebreek aan die kruis. Sy hande en sy voete, asook sy sy is deurboor.

Jesus is oor óns oortredings deurboor, en deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Slegs deur Hom is daar verlossing van ons sondes. Dit is waarna Toplady in die eerste vers van hierdie lied verwys.

Eewge rots, geklief vir my,

laat my veilig in u bly!

laat die water en die bloed

uit u sy, as lewensvloed,

my tot heil wees en tot krag

teen die sondeskuld en mag!

God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor alle sondaars. Dit sluit ons almal in. Maar die bloed van sy Seun bedek almal wat om genade en vergifnis van sondes vra, en dit stel God, die Vader tevrede. Die bloed van Jesus reinig ons, Hy is ons Verlosser, ons rots en veilige vesting.

Is Jesus jou Rots, jou Verlosser, jou veilige vesting?

Gebed: Jesus, dankie dat U ook vir my sondes aan die kruis betaal het. Wees U my Rots waar ek veilig kan skuil, beskerm U my teen die storms van die lewe, vir nou en tot in ewigheid. Amen

Luister hier na 'n Engelse opname: https://www.youtube.com/watch?v=gM7gt_cSxjw

Previous article: Die HERE is my herder - 28 April 2017 Prev Next article: Juig almal tot Gods lof en eer - 25 April 2017 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.