Vers n dag - 14 Maart
“Liefde onbeskryflik groot…â€
Johann Symingon
Skriflesing: Rom 5:8
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Paulus se in die teksvers iets wat ons kwalik logies kan verstaan, nl. dat God vir ons lief was toe ons nog sondaars was. Dit staan in skrille kontras tot ons menslike verstaan van die liefde. Min van ons kan stry dat ons lysie van mense wat ons irriteer of wat ons van die aarbal afwens is baie langer as die wat ons liefhet (tel maar hoeveel mense jy elke dag op jou pad verwens).
God toon hom hier egter weer as die totaal andere wat net nie met volgens menslike kategoriëe gemeet kan word nie. Paulus beskryf die mense as sondaars, swak en goddeloos, selfs as vyande van God. Dis mos die soort mense wat ons uit ons lewens uit wil verwyder. Maar nie God nie.
Oneag van wie of wat ons is, kom Hy na ons toe, reik Hy na ons toe uit, skenk Hy aan ons sy Seun selfs, sonder dat ons Hom enigsins daartoe uitnooi. God se liefde kan nie in terme van menslike kategoriëe verstaan word nie.
Totaal onlogiese liefde.
Volgens ons oordeel gaan God gaan heeltemal te ver. Hy laat Sy seun sterf vir mense wat dit nie werd is nie. Hy sterf vir sondaars wat dit glad nie verdien nie. Dis maar hoe God se liefde werk. Daarom kan niemand ooit sê “ek is te veel van ‘n sondaar vir God om my lief te hê nie,†maar kan ons soos die skrywer van die wonderlike lied, Amazing grace net ons hande saamslaan oor God se verstommende genade waar Hy die maaksel van sy hande (en wie is nie deur Hom kunstig aanmekaar geweef nie?) onvoorwaardelik lief het.
Liefde wat afvryf
Die eienaardigste van God se liefde is, is dat dit afvryf op ons. Dit laat ons ook verander en anders optree. In sy liefde leer ons die ware aard van die liefde ken. Daarom kan ek ook my vyand liefhê. En die een wat ek voor my oë nie kan verdra nie, deur God se oë sien. Ek leer dit in die voorbeeld van God.
Gebed:
Here, dis nie vir my om te besluit wie ek moet liefhê nie; U het my per slot van sake lief met al my swakhede. Help my om lief te hê soos U.