Vers n dag - 15 Maart 2011
Het jy plek vir God?
Johann Symington
Skriflesing
Luk 19: 5b-10; Joh 9:25
â€Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.â€
6 Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.
7 Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by 'n sondige man tuis!â€
8 Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.â€
9 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is 'n kind van Abraham. 10 Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.â€
“Of hy 'n sondaar is, dit weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.â€
Die hele Nuwe Testament loop oor van die oortuiging dat wanneer God in ‘n mens se lewe intrek, dinge drasties en dramaties verander. Mans en vroue ervaar ‘n nuwe geboorte; hulle betree ‘n nuwe dog onbekende terrein waar ander reëls as voorheen geld. Hy wat hom oorgee in die hand van die lewende Here, word ‘n nuwe skepsel, ‘n nuwe mens. Dit is die misterie van die Nuwe Testamentiese verhale: die Koninkryk kom soos suurdeeg in jou lewe en deursuur alles.
God neem iemand soos Petrus, lei hom weg van sy eie voortvarendheid, en bou op hom die toekoms van die kerk.  Hy gee hom selfs ‘n nuwe naam – Rots – wat sy rol in die post-Jesus-fase in die kerk moet beskryf. Hy neem die koue, kliniese, reglynige Paulus, die man wat nie teenstand duld nie en alles dodelik ernstig opneem, en laat hom die mooiste lied oor die liefde skryf: “Al praat ek die tale van mense en engle, maar ek het geen liefde nie (1 Kor. 13). Hy draai die kop van Saggeus weg van besittings inpalm na die vreugde van uitdeel. Hy verander die lot van Maria Magdalena en maak haar een van sy binnekring.
En miskien, wie weet, kan een van ons ook onthou hoedat God in ons hart ingekom en iets in ons binneste aangeraak het wat ons lewe totaal en al verander het. Meestal beteken dit ons is van siendeblindheid genees. Dinge wat voorheen vir ons vreemd was, val skielik eendag net in plek. Daarom is die ervaring van die meeste bekeerlinge die woorde van ons teks vir vandag: “Een ding weet ek wel: ek was blind, nou sien ek.â€
Gebed: Dankie dat U graag by my, van alle mense, ook U woning wil maak. Trek asseblief vandag by my in – opnuut of vir die eerste keer.