Wandel met God in wysheid: Abigajil - 13 Junie 2017
Louise Gevers
"Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, … Dit [Wysheid] het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie." Spreuke 3:13-16 "Van sy ouers kan iemand 'n huis en besittings erf, maar 'n verstandige vrou is 'n geskenk van die Here." Spreuke 19:14
Ons almal doen soms dom dinge waaroor ons spyt is, maar wanneer ons ons foute erken en probeer om dit nie te herhaal nie, help dit ons om ons begrip van wysheid te verbreed en lei dit tot volwassenheid. Die Bybel leer ons oor die waarde van wysheid en vandag kyk ons na Abigajil en haar man, Nabal, se ontmoeting met Dawid voordat hy koning geword het.
"'n Wyse vrou sorg vir haar huis; 'n vrou sonder wysheid breek alles af. Wie opreg lewe, dien die Here; wie krom paaie loop, het nie eerbied vir die Here nie. Die verwaande woorde van die dwaas bring vir hom straf; die woorde van wyse mense beskerm hulle." (Spreuke 14:1-3) Ons sien hoe hierdie woorde in Spreuke waar word in die lewe van Nabal, met 'n reputasie as 'n dwaas en die van Abigajil wie se wyse woorde en vinnige aksie hom gered het toe hy deur sy woede en trots geweier het om Dawid te help. (1 Samuel 25:14-20)
Alhoewel Nabal 'n ryk man was, het hy 'n wrok teen Dawid en sy manne gekoester ten spyte van die feit dat Dawid vriendelik teenoor sy skaapwagters by Karmel was. Toe Dawid se manne om hulp kom vra het, het hy ontken dat hy hulle ken en het hulle toe weggestuur. Hierdie ongeskikte behandeling het Dawid kwaad gemaak en was dit nie vir Abigajil se spoedige interfering nie, sou hy Nabal verwoes het. Nadat Abigajil gehoor het wat gebeur het, het sy die gevaar van Nabal se ondankbaarheid en sy kwaai woorde besef en het sy die situasie ontlont deur te brobeer om self op 'n nederige manier Dawid te oortuig. Sy het donkies gelaai met voorraad geneem om dit aan Dawid en sy manne te oorhandig en op die manier 'n ramp af te weer: "Dawid het vir Abigajil gesê: “Geloof sy die Here die God van Israel wat jou vandag gestuur het om my te ontmoet. Mag jy geseën word vanweë jou insig en ook omdat jy my vandag verhinder het om bloed te vergiet en die reg in my eie hand te neem.e" (1 Samuel 25:32-33)
Abigajil se wysheid het haar in staat gestel om die groter prentjie te sien en op 'n bekwame manier vrede te bevorder wat haar man en al die manne wat aan hom behoort het, se lewens te spaar. Die Here het deur haar gewerk, maar later het Hy wel Nabal, wat nie vir enigiemand anders omgegee het nie, vernietig. Toe Abigajil terugkeer van haar suksesvolle missie, was hy dronk. Abigajil het later Dawid se vrou geword.
Wyse mense beskik oor 'n aantreklike karaktereienskap, naamlik 'n gewilligheid om te leer. Diskresie, onderskeiding, selfbeheersing en nederigheid ontwikkel in hulle en vestig 'n goeie reputasie; maar 'n dwase persoon weier om sy ingesteldheid wat tot sy val kan lei, te verander. Deur ons foute te herhaal, te weier om ons arrogansie en trots te erken, en God en ander vir al ons probleme te blameer, skep ons onbenydenswaardige lewens vir onsself. Nederigheid oorkom dwaasheid en gewilligheid om die wysheid van God deur sy Woord te omarm, verryk ons lewens.
Gebed: Vader, help my om altyd na u volmaakte wysheid te soek vir elke situasie waarin ek my mag bevind, sodat u eienskappe in my lewe duidelik mag word. Amen