Vers n dag - 6 April 2011
Met Jesus as kollega
Johann Symington
Skriflesing
Joh 13:1
Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.
Het jy al ooit gedink hoe Jesus sou inpas in vandag se arbeidsmark waar ek en jy teen wil en dank ʼn bestaan moet voer. In sy boek Thank God it’s Monday, kom die skrywer Patrick Klingman met die volgende vorendag:
- Jesus sou almal met respek en as gelykes behandel het. Hy noem sy medewerkers sy vriende. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15 Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. (Jn 15:14-15
- Hy sou persoonlik my sy mense betrokke gewees het. Nêrens is die geskiedenis kry ons ʼn leier wat meer betrokke by sy span was as Jesus nie. Hulle het nie kantoorure gehad nie, hulle was daagliks bymekaar en Jesus het elkeen se aard geken en verstaan. Hy het nie na die gees vir hulle gesorg nie maar ook na die vlees. (visgevang, saam gebid) 16 Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het, 17 Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê <<manne van die donder>> – 18 Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër, 19 en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het.(Mk 3:16-19)
- Jesus het vir sy medewerkers en hulle behoeftes gebid. Omdat die hemel en sy Vader se almag vir Jesus ʼn realiteit was, was dit vir hom doodnatuurlik om sy medewerkers aan God op te dra. Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 10 Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik. (Jn 17:9)
- Jesus sou hom beywer het vir regverdigheid in die werkplek en die ontwikkeling van elkeen se spesiale talente.
- Hy het hulle opgelei, begelei, bemagtig en vertrou. Dit het van hulle lojale en onuitputlike werkers vir Hom gemaak. Trouens hulle het hom tot die dood toe gevolg. 16 “Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.†Lk 10:16
Wie sou kon dink dat 12 doodgewone vissermanne in staat sou wees om ʼn nuwe geloofsrigting wêreldwyd met 2 miljard volgelinge (33% van die wêreld se godsdienste) op tou te sit?As ons maar net 50% van hierdie beginsels by die werk kon uitleef, hoe gelukkiger ons werkplekke nie sou wees nie!
Vader, help my om Jesus se voorbeeld ook in die werkplek te volg. Amen.
Â