Vers n dag - 7 April 2011
Om by die werk te getuig
Johann Symingotn
Skriflesing
Matt 10: 16,17
Jesus het ook gesê: “Ek stuur julle na die mense in die wêreld, en julle sal soos skape wees wat tussen gevaarlike wolwe is. Daarom moet julle versigtig wees soos die slange, en soos duiwe moet julle niks verkeerd doen nie.
Om met jou geloof by die werk te koop te loop kan ʼn netelige saak wees. Nie omdat dit verkeerd is nie nie maar omdat dit gevaarlik is. Deur op ʼn ondeurdagte manier sendingwerk of evangelisasie by die werk te doen, kan jy die deur vir die evangelie toemaak eerder as oop. Dit beteken nie dat jy nie “tydig en ontydigâ€, soos die Bybel sê die beginsels van die evangelie kan bevorder nie.
Wees dan sversigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. (Afr 1933/53)
Wanneer ons getuig, moet ons strategies dink en optree. Baie Christene is oneffektiewe getuies vir Christus bloot deur die manier waarop hulle hul werk doen. As hulle swak werk doen of lui is, leuens vertel om hulle foute te verbloed, of werkstyd bestee aan onnodige oproepe, gereeld afwesig is en agter kollegas se rug praat, kan hulle nie respek van hulle kollegas verwag nie. Hulle plaas ook hulle integriteit as Christene op die spel as hulle nie uitleef wat hulle bely nie.
Natuurlik kan jy getuig
Natuurlik is ons nie een van ons volmaak nie, Christen of te nie. Dalk moet jy liewer bid vir die regte geleentheid by die werk om die evangelie op jou natuurlikste styl te deel. As jy goed is met ondersteuning in ʼn krisis, dan lê jou geleentheid daar. As jy kan onderhandel namens jou kollegas om ʼn brug te bou tussen werknemer en werkgewer, lê jou getuienis daar. As dit is om ʼn voorbeeld te stel van hoe ʼn mens ander met menswaardigheid behandel, is dit jou roeping. Mense sal baie gou agterkom wat jou uitgangspunt is sonder dat jy ʼn woord hoef te sê. En die troos is dat God vir jou getuig ten spyte van jou terkortkominge.
Here, help my om deur my optrede by die werk, die Evangelie tot eer te wees. Vergewe my as ek u Naam kwaad aandoen deur te bely dat ek ʼn Christen is maar glad nie so optree nie.