Vers n dag - 11 April 2011
SLUK JOU “NOOITâ€
Johann Symington
Skriflesing:
Matt 26:33-35
33 Daarop het Petrus vir Hom gesê: “Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie.â€
34 Toe sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: Vannag nog, voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.â€
35 Petrus sê vir Hom: “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!â€
Al die ander dissipels het ook so gesê.
Het jy al ooit met die koerant in die hand gestaan, jou kop meewarig geskud oor een of ander ou se storie in die koerant en dan met bravade gesê: “Dit sal ek nooit doen nie.� Waarskynlik die meeste van ons.
Dis baie maklik om dit te sê en dit ook te glo. Maar kan jy dit enduit waar maak? Wat as jy skielik in ʼn ander ou se skoene staan. Mens kan aan etlike voorbeelde dink. Jy verloor jou werk. Skielik moet jy jou kind se universiteitsfooie betaal en daar is nie geld nie. Jy sluk jou trots en gaan bedel êrens of doen ten einde raad een of ander duistere transaksie om kop bo water te hou.
Of jou huwelik gaan deur ʼn moeilike tydjie en voordat jy jou kom kry is jy in ʼn verhouding met iemand. Alles het so onskuldig begin, en skielik moet die “nooit†gesluk word. Baie Christen sakemanne roem daarop dat hulle nooit omkoopgeld sal betaal nie. Maar as jy met jou rug teen die muur is en ʼn tenderaanbod na jou kant toe kom en daar is ietsie onder die tafel deur te gee, klink dit vir jou nie meer so baie na korrupsie nie.
Die Bybel is vol van beloftemakers wat dit toe nie kon hou nie. Die een waaraan ʼn mens dadelik dink is Petrus. Hy moes sy “nooit†vinniger sluk as wat hy gedink het.
Miskien is dit beter om te besef dat ek in myself nie die innerlike krag of selfs karakter het om onder alle omstandighede by my beginsels te bly nie. Daarom die waarskuwing: wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. (1 Kor 10:11)
Selfversekerde Christene is iets anders as oortuigde Christene. Oortuigde Christene weet in eie krag kan niemand staande bly nie. Daarom dat Paulus liewer in sy swakhede roem en sê as hy swak is, is hy sterk!
Gebed:
Here bewaar my van skeinheiligheid en meerderwaardigheid oor ander se sondes terwyl vergeet van die kere wat ek gestruikel het oor my eie trots.