Vers n dag - 13 April 2011
Harte van soliede goud?
Johann Symington
Skrifgedeelte
Matteus 19:20-22
20 “Dit alles het ek nagekom,†het die jongman gesê. “In watter opsig skiet ek nog te kort?â€
21 Jesus het hom geantwoord: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.â€
22 Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
Natuurlik onthou ons almal die koning wat so lief was vir goud dat hy gewens het dat hy ʼn goue aanraking kon hê wat alles in goud kon verander. Selfs sy dogtertjie. Toe kon hy haar letterlike glans bewonder. Hy sou haar kon verkoop en geldwaarde uit haar kon kry. Maar die prys was uiteindelik te groot selfs vir hierdie hierdie gierigaard wat gedink het hy sou enigiets kon prysgee vir ʼn paar ekstra stawe goud.
Die Bybel waarsku ons dikwels teen hebsug of inhaligheid. In ons terme is dit ongebreidelde materialisme. God weet dat geld ons Achilleshiel is want dit koop mag, status, aansien, voorspoed, sukses – alles wat ons glo ons gelukkig kan maak. Tog is die Bybel nie teen geld nie. Ons lees in die Ou Testament dat God heelparty mense met geweldige rykdom seën (dink maar aan Abraham, Salomo en Job). Maar geld mag nooit jou baas word nie. Ons weet dit en tog wil ons so graag twee “base†tegelyk dien.
Ons het natuurlik geld nodig om te kan leef en ons uit te kan leef. Maar dis nie ons sʼn om te maak daarmee wat ons wil nie. Ons is slegs rentmeesters van God se skepping sodat ons ook vir die wat nie die vermoë het om ryk te word nie, kan sorg. Suinigheid, ʼn inhaligheidsindroom, pas nie by gelowiges nie. Ten spyte van jou geloof dat jy “hard gewerk het om te kom waar jy isâ€, is ons ten diepste van God afhanklik as die gewer van alle goeie gawes.
Die ryk jongman in die Bybel wou dit nie glo nie. Kan jy?
Gebed
Here, as ons geld sien, blink ons oë en jaag ons asem. Leer ons dat geld noodsaaklik is, maar dat geluk elders lê. Amen.