Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 18 April 2011

Van Prins tot reisende prediker

Johann Symington

Skriflesing

Filip 2:5-7

5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

6 Hy wat in die gestalte

van God was,

het sy bestaan op Godgelyke wyse

nie beskou as iets waaraan Hy Hom

moes vasklem nie,

7 maar Hy het Homself verneder

deur die gestalte van 'n slaaf

aan te neem

en aan mense gelyk te word.

Ons raak so maklik in ons eer gekrenk as iemand ons nie na volgens ons status en plek in die samelewing behandel nie. Ons staan tog so graag op ons regte. Tot ons in die Bybel gaan lees wat Christus moes prysgee om sy lewe vir ons te kom aflê. In die hemel was Hy Iemand, die Seun van God, die koning van die hemele waar alles in volmaakte orde was, waar daar geen sonde was nie en waar Engele die voortdurend agtergrondmusiek verskaf. Hoekom? Omdat sy liefde vir ʼn verlore, lydende wêreld vir hom soveel meer getel het as die luukses van die hemel.

En ons? Ons sluk moeilik aan ʼn afskaling in voordele of status. Die strewe na mag was nog altyd in die geskiedenis ʼn dryfveer wat mense tot uiterstes toe aangespoor het. Was daar al ooit ʼn tyd in die geskiedenis waar mense so verteer is deur ambisie, prestasie en geld as tans? En daarvoor het ons ʼn duur prys betaal: ons het ons siele laat skade ly. Ons het God tot randfiguur verklaar en hom uit ons publieke en private wêreld verban. Gʼn wonder Christus het die koninkryk beskryf as ʼn feesmaal waarheen belangrikes en die rykes genooi is maar nie wou kom nie. Daarom het die Prins van die hemel die armes, die ellendige en diegene sonder aansien genooi om saam met hom fees te vier.

Miskien moet ons elkeen, belangrik of onbelangrik, ons stywe nekke laat staan en van ons troontjies afklim om die wêreld se voete te loop was. Die Een met die hoogste gesag in die heelal het jou gestuur om elke dag die wêreld met die liefde van God te bedien sodat jy jou Meester in die hemel kan verheerlik.

Here, ek moet erken dat dit vir my moeilik is om die knie in nederigheid te buig.  Dankie dat U aarde toe gekom het om ons met u eie lewe te wys hoe dit gedoen word. Amen.

Previous article: Vers n dag - 19 April 2011 Prev Next article: Vers n dag - 15 April 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.