Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 20 April 2011

So slim soos die houtjie van die kruis

Johann Symington

Skriflesing

Johannes 18:12-14

12 Toe het die afdeling soldate onder die kommandant saam met die wagte in diens van die Joodse Raad vir Jesus gevange geneem en Hom geboei. 13 Hulle het Hom eers na Annas toe gebring. Hy was die skoonvader van Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was. 14 Dit was Kajafas wat vir die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een man vir die volk sterwe.

In hierdie gedeelte maak ons kennis met die slinksheid van ʼn gesoute politikus. Die hoëpriester Kajafas besef dat die status quo tussen die Romeinse owerhede en sy rol as Joodse kerkamptenaar ernstig bedreig word deur die reisende Rabbi van Nasaret. Hy speel dus sy kaarte met groot sorg.

Om suksesvol te wees, besef hy hy moet hy strategies optree. Dis niks nuuts nie – ons hoor dit elke dag en veral in die werkplek. Die beste taktiek sou wees om jou teenstaanders te uitoorlê en as jy hulle heeltemal kan uitskakel soveel te beter.

Natuurlik verstaan Kajafas, soos enige slim sakeman hoe om die magspel te speel om ontslae te raak van die opposisie. Selfs sy redenasie maak sin wanner hy sê: dis beter vir een om te sterf vir baie, as vir baie om te sterf ter wille van een. As Jesus dus die Romeinse owerhede ontstel en beskuldig word van opsweping, gaan die hele volk daaronder lei. Gevolglik is dit noodsaaklik dat Jesus uit die weg geruim word om die volk te red.

Tussen al hierdie slim politieke redenasies kom Jesus kwesbaar en naïef voor. Hy speel nie magspeletjies nie en Hy weier om onderduimse taktiek te gebruik. Daarby wens hy nie die opposisie van die aardbol af nie. Hy staan rustig en doen wat hy moet doen naamlik die wil van sy Vader.

Christene word dikwels uitgelok om soos Kaiafas magspeletjies te speel en onderduimse taktiek te gebruik, selfs al is hulle motiewe suiwer. Maar Chrsitene het nie verskuilde agendas nie. Hulle werk strategies maar met integriteit en deursigtigheid. Dit het Christus ons geleer.

Kajafas speel geen verdere rol in die geskiedenis nie. Hy was maar net ʼn redelik onbelangrike figurant in die kruisigingsdrama wat rondom Christus ontvou.

Vandag word Jesus, die ware leier wat sy mag vrywillig neergelê het, deur meer as ʼn miljard mense dwarsoor die wêreld aanbid. Dalk kan ek en jy iets leer uit die stukkie geskiedenis: die eerlike pad, trou aan jou roeping, kan strategies bestuur word, maar nie ten koste van ander of jou gewete nie.

Here, ons doen so graag mee aan die magspeletjies tuis, in die kerk en in die werkplek om ons eie posisie te versterk terwyl U die almagtige van alle mag afstand doen om ons uit die mag van die bose te bevry. Ons dank U daarvoor.

Amen.

 

Previous article: Vers n dag - 21 April 2011 Prev Next article: Vers n dag - 19 April 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.