Vers n dag - 21 April 2011
As God sterf huil die skepping
Johann Symington
Kyk die mens – verraai deur ʼn vriend, gevang soos ʼn dief en voor die hof gesleep soos ʼn gewone misdadiger.
Kyk die mens – verlaat deur dié op wie Hy sy hart gesit het.
Kyk die mens – gespot deur die skare, gespoeg deur sy mense, geklap deur soldate. Kyk die mens – van bakboord na stuurboord gestuur deur elke jan rap en sy maat.
Kyk die mens – vasgebind tusen twee pale, geslaan met ʼn gesel, gekroon met dorings.
Kyk die mens – steier onder die gewig van ʼn kruis, kaal uitgetrek en sy kleed in stukke geskeur.
Kyk die mens – vasgespyker aan ʼn kruis, wat opgelig en in ʼn gat in gestamp is waar Hy ondraaglike pyn moes verduur.
Kyk die mens – hang vir sewe ure tussen twee misdadigers, tussen hemel en aarde, deur God en mens verlaat – so besmet deur sonde dat niemand – selfs nie eens God – na Hom wou kyk nie.
Vir wie? Vir my en jou.
Dalk wil jy op die vooraand van Goeie Vrydag die volgende skrifgedeeltes gaan lees:
“Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!†Luk 23:34
“Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.†Luk 23:43
“Daar is u seun†en “Daar is jou moeder.†Joh 19:26-27
“My God, my God, waarom het U My verlaat?†Matt 27:46
“Ek is dors.†Joh 19:28
“Dit is volbring.†Joh 19:30
“Vader, in U hande gee Ek my gees oor.†Luk 23:46
Jesus, u lyding was onbeskryflik groot, maar u liefde was groter. U het dit verdra ter wille van my. Dankie Here.
Â