Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 26 April 2011

Wat beteken die Opstanding vir jou?

Johann Symington

Skriflesing:

“So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood     opstaan. En in sy Naam moet bekering en vergeweing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem en verder.’” Luk 24:46-47

Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. Joh 20:31

Baie jare gelede aan die begin van die kommunistiese revolusie in Rusland in 1917 het een van die groot leiers van die beweging en redakteur van die kommunistiese koerant Pravda wat toevallig “waarheid” beteken, Nikolai Ivanovich Bukharin voor ‘n groot skare mense uitgevaar teen die Christendom terwyl hy ateïsme opgehemel as die ideaal. Hy het elke argument en elke stukkie getuienis wat hy kon, uitgehaal om die mense se geloof in God finaal te vernietig.

Aan die einde van die toespraak het hy ewe selfvoldaan oor die skare heen gekyk en gehoop dit was die laaste sien van hierdie geloof. “Enige vrae?” het hy oor die gehoor uitgebulder. Niemand het gewaag om iets te sê nie todat een man op die podium langs Bukharin gaan staan het. Hy’t rustig oor die skare heen gekyk en toe skielik roep hy die eeuoue paasgroet van die Russies-Ortodokse kerk uit: “CHRISTUS HET OPGESTAAN!” Daar was ’n doodse stilte totdat die skare soos een man uitgebars het met die antwoord: “JA, HY’T WAARLIK OPGESTAAN!”

Die vraag aan jou vanoggend in die nasleep van die die Pase wanneer al die paaseiers opgeëet is, die besoekers vertrek het en die sleur van die lewe jou weer terugdwing na die werlikheid, is: Wat beteken die Opstanding vir jou?

Dit beteken enkel en eenvoudig dat Christus opgestaan het uit die dood en die verganklikheid sodat jy mag opstaan uit die dood en verganklikheid waartoe jou sonde jou verdoem. Omdat Christus opgestaan het uit die dood, beteken dat jy ook kan opstaan tot ’n nuwe lewe. Jy is nie vasgeketting deur sonde nie want Hy het jou vrygemaak. Jy kan elke dag, elke oomblik van die dag nuut begin en vry uitstap omdat die prys klaar betaal is. Sy vergifnis is nie eenmalig of voorwaardelik nie. Dis deurlopend en blywend van nou af tot in ewigheid. Leef dan soos een wat van die boeie van sonde verlos is.

Here, hoe kan ek U genoeg bedank dat u die las van sonde van skouers afgeneem het?. Dankie dat U aan my gewys het dat daar lewe na sonde is. Dankie vir U deurlopende liefde en vergifnis aan my. Amen

Previous article: Vers n dag - 28 April 2011 Prev Next article: Vers n dag - 21 April 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.