Vers-n-dag - 1 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 16: HOE of HOEKOM OM DIE WOORD IN JOU HART TE BÊRE (DEEL 1)
Deur: Benescke Botha
Ek wil hierdie week ’n eksperiment doen. Die dagstukkies gaan heelwat korter wees as gewoonlik en daagliks bestaan uit een of twee teksverse. Wat ek wil hê dat jy moet doen, is om hierdie teksverse op ’n stukkie papier neer te skryf wat jy heeldag met jou kan saamdra (in jou handsak, jou broeksak of beursie). Terwyl jy dan regdeur die dag ’n paar keer oor hierdie teksvers nadink, wil ek hê dat jy jouself moet afvra:
1. Wat wys die teksvers my van God se karakter?
2. Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (in jou huwelik, jou werkplek, jou gesin, ensovoorts)
3. Hoe gaan ek voortaan hierdie belofte van God deel van my lewe maak?
Maak hierdie “eksperiment†gerus deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde vrae in ’n joernaal neer te pen. Vra die Heilige Gees om jou te help om met nuwe oë na die teksvers te kyk. (Jy kan dan jou ervaring van hierdie “eksperiment†teen die einde van die week met my deel by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .)
Goed, is jy gereed? Hier is vandag se teksvers:
DEEL 1: TEKSVERS VIR DIE DAG:
Psalm 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.â€
Vader God, baie dankie vir u belofte dat ek alles in my lewe aan U kan oorlaat. Help my asseblief vandag om myself nie verder te bekommer nie, maar om alles werklik aan U oor te laat. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Vader God, baie dankie vir u belofte dat ek alles in my lewe aan U kan oorlaat. Help my asseblief vandag om myself nie verder te bekommer nie, maar om alles werklik aan U oor te laat. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte