Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers-n-dag - 2 Februarie

HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...”
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

DAG 17: HOE of HOEKOM OM DIE WOORD IN JOU HART TE BÊRE (DEEL 2)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Neem deel aan hierdie week se “eksperiment” deur elke dag se teksvers op ’n stukkie papier neer te skryf en regdeur die dag daaroor na te dink. Vra die Heilige Gees om jou te help om met nuwe oë na die teksvers te kyk terwyl jy jouself afvra: 1) Wat wys die teksvers myvan God se karakter?; 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (in jou werkplek, jou finansies, jou huwelik, jou drome); 3) Hoe gaan ekvoortaanhierdiebelofte van God deel van my lewe maak?>
Hier is vandag se teksvers:

DEEL 2: TEKSVERS VIR DIE DAG:
·          Spreuke 3:5-6: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
Het jy vandag wysheid nodig? Gaan jy na God draai en Hom vra om jou in elke situasie te lei?
Vader God, baie dankie dat ek na U mag draai vir wysheid in elke situasie in my lewe. Lei my vandag deur U Heilige Gees sodat ek nie net dit sal doen wat in my eie oë reg lyk nie, maar dit wat U vir my beplan het. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte

NEEM DEEL: Maak hierdie “eksperiment” gerus deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde vrae in ’n joernaal neer te pen. Jy kan dan jou ervaring van hierdie “eksperiment” teen die einde van die week met my deel by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal die diens nie moontlik wees nie.
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Stuur ook foto’s saam. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte
Previous article: Vers-n-dag - 3 Februarie Prev Next article: Vers-n-dag - 1 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.