Vers-n-dag - 3 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 18: HOE of HOEKOM OM DIE WOORD IN JOU HART TE BÊRE (DEEL 3)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Neem deel aan hierdie week se “eksperiment†deur elke dag se teksvers op ’n stukkie papier neer te skryf en regdeur die dag daaroor na te dink. Terwyl jy die Heilige Gees vra om aan jou nuwe insigte oor die stukkie te openbaar, vra jouself af: 1) Wat wys die teksvers myvan God se karakter?; 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (werkplek, finansies, huwelik, drome); 3) Hoe gaan ekvoortaanhierdiebelofte van God deel van my lewe maak?>
Hier is vandag se teksvers:
DEEL 3: TEKSVERS VIR DIE DAG:
· Jeremia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!â€
Met watter tipe oë kyk jy na jou toekoms? Is jy negatief en sinies? Of kies jy daagliks om met ’n verwagting uit te sien na wat God vir jou beplan het?
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat u planne vir my lewe planne van voorspoed is en nie teenspoed nie. Help my vandag om met daardie wete elke geleentheid in my lewe tegemoet te stap. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte
IDEES VAN LUISTERAARS AAN LUISTERAARS:
Baie dankie vir die oorweldigende reaksie tot dusvêr. Hier is drie idees wat lesers vertel het wat werk.
· As jy OUTLOOK as epos gebruik: Stel ’n “reminder†vir jouself deur die teksvers in jou kalender in OUTLOOK te plak. Sodra dit afgaan kan jy dit weer lees.
· SELFOON:Stel jou alarm vir ’n paar keer deur die dag om jou te herinner om die versie weer te lees.
· JOERNAAL:Maak hierdie “eksperiment†gerus deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde vrae in ’n joernaal neer te pen.