Vers-n-dag - 4 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 19: HOE of HOEKOM OM DIE WOORD IN JOU HART TE BÊRE (DEEL 4)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Neem deel aan hierdie week se “eksperiment†deur elke dag se teksvers op ’n stukkie papier neer te skryf en regdeur die dag daaroor na te dink. Terwyl jy die Heilige Gees vra om aan jou nuwe insigte oor die stukkie te openbaar, vra jouself af: 1) Wat wys die teksvers myvan God se karakter?; 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (werkplek, finansies, huwelik, drome); 3) Hoe gaan ekvoortaanhierdiebelofte van God deel van my lewe maak?>
Hier is vandag se teksverse:
DEEL 4: TEKSVERSE VIR DIE DAG (kies een of gebruik al drie):
·         2 Kronieke 16:9: “Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.â€
·         Psalm 34:19: “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees†(1953-vertaling).
·         Psalm 30:6: “Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.â€
Sit jy in ’n situasie waar jy hartseer of moedeloos voel? Onthou, God se oë is op jou en sy Heilige Gees is reg langs jou. Hy wil saam met jou deur jou dal van doodskaduwee stap en aan jou nuwe hoop kom gee. Gaan jy na Hom draai en Hom toelaat om dit te doen?
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat wanneer my hart seer is dat U reg langs my is. Lei my asseblief vandag deur u Heilige Gees om opnuut bewus te wees van U teenwoordigheid in my lewe. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
NUUSBROKKIE:
· PRAATJIE: Benescke Botha tree op as gasspreker by Vroue Fokus se Biddag vir Vroue op Donderdag, 4 Maart 2010, 19:00. Wesmoot NG Gemeente (Hartbeespoortdam omgewing). Vir meer inligting om die funksie by te woon, kontak Judy by 082 908 2208.
IDEES VAN LESERS AAN LESERS OM DIE “EKSPERIMENT TE DOENâ€:
Baie dankie vir die oorweldigende reaksie tot dusvêr. Hier is ses idees van lesers aan lesers om die “eksperiment†van die week te doen:
1) HEMPSAK: As jy baie op die pad is, skryf die teksvers neer en bêre dit in jou hempsak. Elke keer as jy by ’n rooi robot stop kan jy dit uithaal en vinnig weer daarna kyk.
2) DAGBOEK: Skryf die vers in jou dagboek neer. Elke keer as jy kliënte bevestig of kyk vir plek vir ’n volgende afspraak kan jy jouself aan die vers herinner.
3) PLAK DIT OP: Skryf die vers op een van daardie klein plakpapiertjies (Post-it) en plak dit dan in jou motor op. As jy op pad is na kliënte of as jy jou kinders by die skool moet gaan haal, kan jy (en jou kinders) saam die verse lees.
4) EPOS: Stel ’n “reminder†vir jouself deur die teksvers in jou kalender te plak (OUTLOOK). Sodra dit afgaan deur die dag kan jy die vers weer lees.
5) SELFOON: Stel jou alarm vir ’n paar keer deur die dag om jou te herinner om die versie weer te lees.
6) JOERNAAL: Maak hierdie “eksperiment†deel van jou stiltetyd deur jou antwoorde op bogenoemde drie vrae in ’n joernaal neer te pen.