Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers-n-dag - 5 Februarie

HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...”

NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..


DAG 20: HOE of HOEKOM OM DIE WOORD IN JOU HART TE BÊRE (DEEL 5)

Deur: Benescke Botha

<Ter agtergrond: Neem deel aan hierdie week se “eksperiment” deur elke dag se teksvers op ’n stukkie papier neer te skryf en regdeur die dag daaroor na te dink. Terwyl jy die Heilige Gees vra om aan jou nuwe insigte oor die stukkie te openbaar, vra jouself af: 1) Wat wys die teksvers my van God se karakter?; 2) Hoe is hierdie teksvers van toepassing op my huidige situasie? (werkplek, finansies, huwelik, drome); 3) Hoe gaan ek voortaan hierdie belofte van God deel van my lewe maak?>

Hier is vandag se teksverse:

DEEL 5: TEKSVERSE VIR DIE DAG (kies een of gebruik altwee):

  • Efesiërs 3:20-21: “Aan Hom (God) wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, kom die eer toe ...”

 

  • Matteus 19:26: “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.’”

 

Sit jy in ’n situasie waar jy God vir ’n bonatuurlike wonderwerk vertrou? Om jou gebroke huwelik te herstel? Om aan jou ’n babatjie te gee al sê medici dit is onmoontlik? Om jou geliefde van hulle siektetoestand te genees? Gaan jy aanhou om God te vertrou – selfs al voel dit asof Hy daardie een of twee sekondes langer stilbly? Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U in staat is om veel meer te doen as wat ek ooit kan bid of dink. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om van my kant af te doen wat ek moet en dan te wag op U tyd en manier omdat ek weet dat U nooit laat is nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Previous article: Vers n dag - 8 Februarie Prev Next article: Vers-n-dag - 4 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.