Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 16 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 31: HET JY AFGUNS IN JOU HART?

Deur Benescke Janse van Rensburg

Die skrywer, Oscar Wilde, het eens hierdie storie vertel:

Op ’n dag het Satan die Libiese woestyn oorgesteek en gesien dat ’n klomp van sy handlangers besig was om ’n heilige kluisenaar te treiter in ’n poging om hom te versoek. Omdat die heilige al gewoond was aan al die versoekings, het hy dit met die grootste gemak weerstaan. Nadat die duiwel sy demone vir ’n rukkie dopgehou het, het hy besluit om hulle ’n les oor die sonde te leer.

“Wat julle aanvang, gaan nooit kan werk nie,” het hy gesê terwyl hy na die heilige se oor afgebuig het. “Kyk nou hoe ek dit doen.” Hierna het die duiwel in die man sê oor gefluister: “Jou broer is pas as die biskop van Aleksandrië aangestel.”

Onmiddellik het ’n grimmige uitdrukking van intense afguns oor die heilige se gesig gesprei. Hy het sy oë letterlik op skrefies getrek omdat hy nie meer na dieselfde sonstrale wou kyk as wat in Aleksandrië op sy broer geval het nie. Met ’n glimlag het Satan na sy demone gedraai: “Dít is die soort benadering wat ek aanbeveel vir die val van selfs die heiligste onder die mense.”

Die Psalmdigter, Dawid het verstaan dat jaloesie een van die gevaarlikste pyle is wat die vyand afvuur. Luister weer na sy waarskuwingswoorde in Psalm 37:7-8: “Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie. . . Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.” (1953-hersiening)

Gun jy jou vriend sy opgewondenheid en geluk oor sy nuwe motor (al is dit presies die tipe motor wat jy al vir ’n jaar lank begeer)? Gun jy jou vriendin haar geluk dat sy 5kg verloor het (al sukkel jy jou dood om 1kg te verloor)? Of is jy bly vir jou kollega oor sy of haar bevordering by die werk (al het jy ook vir dieselfde pos aansoek gedoen)?

Kan jy ander se prestasie vier of trap jy in die vyand se strik deur jaloers te word?

Onthou, God kyk hoe ons die huidige situasies waarin ons, onsself bevind hanteer. As ons hierdie toets deurstaan mag daar dalk net ’n veel beter motor, ’n 10kg gewigsverlies of selfs ’n veel beter promosie by die werk in die toekoms op ons wag! Moet dit nie misloop deur bitterheid en jaloesie in jou hart toe te laat nie. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat ek my vreugde in U kan vind. Beskerm asseblief my hart teen enige jaloesie en lei my op die regte pad. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 17 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 15 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.