Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 25 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 38: GOD WEET VAN JOU

Deur Benescke Janse van Rensburg

[Agtergrond: Ek deel graag twee kort uittreksels uit e-posse wat ek gister van lesers ontvang het.]

Leser 1, Vierrie: “Maandagoggend was ek en my dogter vroegdag op pad Kaapstad toe. Dit het liggies gereën en dit was nog half donker toe die motoriste voor ons skielik remme aanslaan. My dogter wat bestuur het, het dieselfde gedoen. Ons motor se remme het gesluit en my dogter het beheer oor die motor verloor toe dit op die nat pad begin gly. Ons het drie keer hard teen die muur langs die pad gestamp voordat sy eindelik weer beheer oor die motor kon kry. Met genade van God het ons veilig by my werkplek opgedaag sonder dat ons teen enige van die ander motoriste gebots het. Effens gespanne het ek uitgeklim om na die skade aan die voertuig te kyk. Tot my verbasing was daar geen merke aan ons voertuig nie. Ek het geskok na my dogter gekyk. Daar was trane in beide ons se oë by die besef dat ons ’n wonderwerk uit God se hand beleef het. Al die eer kom Hom toe.”

Leser 2, Maxie: “Van Saterdag af, brand dit verskriklik in Vryburg, Schweizer-Reneke en die omliggende areas. My man en seun het saam met die res van die boere in die omgewing hard gewerk om te probeer om die vuur te blus. Maandagaand het hulle eers na agtuur by die huis gekom. Nadat hulle vinnig geëet het, het hulle weer vertrek na ’n nuwe brand wat uitgebreek het. Baie hektare grond is al afgebrand en die boere is redelik moedeloos. Dinsdagoggend het ons in ons stiltetyd vir God gevra om die wind wat aanhoudend waai te stop en reën te stuur. Volgens die weerdiens was daar geen kans vir reën nie. Rondom middagete het die wolke begin saampak. Ek was opgewonde, maar teen vyfuur was dit weer oopgetrek en die wind het steeds gewaai. Dinsdagaand het dit egter al kouer geword en toe ons vanoggend (Woensdag) opstaan was die plante nat. Of dit gedou of gereën het deur die nag, weet ek nie, maar met die nattigheid sal die brand nie so maklik versprei nie. Ek eer God dat Hy in beheer bly van elke situasie en ook die natuur!”

In Psalm 145:19-20 lees ons: “Die Here is naby almal wat Hom aanroep … Hy hoor as hulle om hulp roep en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet.”

Het jy God lief? Roep jy Hom aan in jou nood en hou jy aan om Hom te vertrou as jou deurbraak dalk langer neem as waarop jy gehoop het? As jou antwoord “ja” is, kan ek jou verseker dat God op presies die regte tyd jou gebede sal beantwoord. Hy bly immers soewerein. Sterkte.

Vader God, dankie dat ek kan weet dat U my gebede hoor en dat ek oor niks hoef te stres as ek dit aan U opgedra het nie. Help my om U karakter daagliks beter te verstaan. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
  • MOTIVERINGSPRAATJIES:  Benescke tree op as spreker:
  • 22 September 2011, Stellenbosch. Kontakpersoon: Minette by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  • 5 November 2011, Bloemfontein. Kontakpersoon: Mariana by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 26 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 24 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.