Vers-n-dag - 9 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 22: HOE OM JESUS SE LIEFDE NA DIE MENSE OM JOU UIT TE DRA?
Deur: Benescke Botha
Petronella was ’n getroue kerkganger. Elke oggend het sy klokslag 9:00 die kerk se deur agter haar toegetrek waar sy dan op ’n kerkbankie gaan sit het om haar liefde vir God te bely.
Inteendeel Petronella was so vasgevang in hierdie daaglikse roetine dat sy op pad kerk toe niks of niemand rondom haar raakgesien het nie. Nie die klein kindertjies wat op die straat geslaap het en met honger oë na haar gestaar het nie. Nie die bedelaars met die stukkende klere nie en selfs nie eens die bejaardes wat met die swaar pakkies oor die straat gesukkel het nie.
Een oggend vroeg daag Petronella weer by die kerk op. Die keer het sy ontsteld in die geslote kerkdeur vasgekyk. Met alle mag en geweld het sy tevergeefs probeer om dit oop te stoot. Net toe sy gereed maak om, om te draai en weg te stap sien sy ’n klein briefie wat aan haar geadresseer is: “Hallo Petronella. Dankie, dat jy weer vanoggend gekom het. As jy my soek, ek is tussen die kinders wat in die straat speel en die bedelaars wat vandag kos nodig het. Ek hoop jy kom soek my daar. Liefde, Jesus.â€
TEKSVERS VIR DIE DAG:
Matteus 25:40: “Dit verseker Ek (Jesus) julle: Vir sovêr julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.â€
Waar soek jy vir Jesus? Is jy vir Hom ’n instrument in jou werkplek en huisgesin? Hou jy jou oë oop vir geleenthede waar jy sy liefde aan mense om jou kan betoon? Sterkte.
Vader God, baie dankie vir u liefde vir my elke dag. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om my oë oop te hou vir geleenthede waarin ek u liefde na die mense om my kan uitdra. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.