Vers n dag - 10 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 23: HOE OM HEILIG TE WEES SOOS GOD HEILIG IS?
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Ek ontvang onlangs ’n epos van ’n Vers-’n-Dag-leser met die woorde: “Benescke, die Woord sê ons moet streef daarna om heilig te wees. My vrae is egter: Wat is heiligmaking? Hoe verkry ek dit? Is dit iets uiterlik (sigbaar) of innerlik?â€>
’n Tyd gelede hoor ek hierdie waardevolle analogie: Op aarde stap ons almal met ’n stel wit klere deur ’n donker straat in die rigting van die helder straatlig. Hoe nader ons aan die lig kom, hoe meer word ons bewus van die modderspatsels op bruin kolle wat ons in die donker opgedoen het (maar waarvan vroeër nie bewus was nie). Sodra ons dit egter in die lig begin raaksien, voel ons effens skaam daaroor. Ons was dit dan dadelik uit sodat ons met vrymoedigheid in die lig kan staan.
VRAAG 1: WAT IS HEILIGMAKING?
· 1 Petrus 1:15-16: “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: ‘Wees heilig, want Ek (God) is heilig.’â€
In die analogie simboliseer die straatlig, God se lig. Ons doelwit op aarde is om die Heilige Gees toe te laat om ons te vorm en te lei om daagliks meer soos Jesus Christus te word. Die bruin kolle op die wit klere simboliseer die karaktereienskappe of gewoontes in ons lewens wat ons van God af weghou – dink maar aan dinge soos ongeduld, aggressie, skinder, hoogmoed, liefdeloosheid, ’n gebrek aan selfbeheersing, ’n verslawing, ensovoorts. Hoe vêrder weg jy van God se lig af stap, hoe minder sal hierdie bruin kolle jou pla omdat jy dit nie raaksien nie. Tog, wanneer jy begin streef daarna om meer soos Jesus te word (en daarom nader na God se lig begin stap), raak jy meer bewus van die bruin kolle en begin streef jy daarna om daarvan ontslae te raak.
VRAAG 2: HOE WORD JY MEER HEILIG IN GOD SE OË?
· 2 Korintiërs 7:1 “Laat ons, ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.â€
Wat in jou lewe is vir jou soos ’n bruin kol? Jou ongeduld teenoor jou lewensmaat? ’n Verslawing wat jou gesin negatief affekteer? Of sukkel jy dalk met hoogmoed, liefdeloosheid en/of negatiewe gedagtes? Waarom vra jy nie die Heilige Gees op hierdie oomblik om jou bewus te maak van die kolle in jou lewe – maar ook dat Hy jou in wysheid sal lei om dit daagliks aan te spreek. Byvoorbeeld: As jy sukkel met geduld, fokus dan daarop om in elke moeilike situasie tot 50 te tel. As jy sukkel met ’n verslawing, sorg dat jy hulp kry. As jy sukkel om liefde aan jou medemens te betoon, kies dan om doelbewus by iets soos ’n gemeenskapsprojek aan te sluit waar julle na mense in nood uitreik. Jy sal verbaas staan hoe dit jou ingesteldheid en liefde teenoor jou medemens sal verander.
VRAAG 3: IS HEILIGMAKING IETS UITERLIK (SIGBAAR) OF INNERLIK?
· 2 Timoteus 2:20-21: “As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy 'n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens.â€
Die proses van heiligmaking begin altyd aan jou binnekant. Mettertyd sal jou innerlike geluk en vreugde ook aan die buitekant sigbaar word.
Wat is die bruin kolle in jou lewe? Kan ek jou aanmoedig om die Heilige Gees te vra om jou daagliks te lei om met wysheid te streef daarna om meer soos Jesus Christus te word?
Vader God, baie dankie vir die voorbeeld en riglyne wat ek in Jesus se lewe kan vind. Lei my asseblief deur u Heilige Gees om die bruin kolle in my lewe raak te sien en gee aan my die krag om dit reg te hanteer. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TEKSVERS VIR DIE DAG:
· 2 Timoteus 2:20-21: “As iemand hom van die kwaad gereinig het, sal hy 'n voorwerp vir besondere gebruik wees. Dan sal hy vir die eienaar afgesonder en bruikbaar wees, voorberei vir enige goeie diens.â€