Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 30 Augustus 2011

Tema vir die maand: Ontdek God in die Psalms

DAG 41: TREE JY OP MET INTEGRITEIT?

Deur Benescke Janse van Rensburg

Ek hoor onlangs die storie van ’n bakker op ’n klein dorpie wat in ’n stadium vermoed het dat die boer wat hom van botter voorsien, besig was om hom in te loop. Om vas te stel of sy vermoedens reg was, het hy vir ’n paar dae lank die botter wat die boer aan hom verkoop het se gewig noukeurig dopgehou. Sy vermoedens was bevestig.

Hoogs ontstoke het die bakker na die landdros vertrek om ’n klag teen die boer te gaan lê. Die landdros het ’n verhoor gehou waarin die bakker sy klag teen die boer herhaal het. Hierna het die landdros vir die boer gevra of hy iets in verdediging van sy kant af wil sê.

Die boer het geantwoord: “Edelagbare, ek is ’n arm man. My skaal waarmee ek my botterblokke meet, het ’n tyd gelede gebreek. Omdat ek dit nie dadelik kon vervang nie, het ek my botter volgens die eenvoudige beginsel van ewewig afgemeet. Omdat ek elke dag ’n 500-gram brood by die bakker koop, het ek dit gebruik as gewig om my 500-gram botterblokke af te weeg.”

Die bakker het met ’n rooi gesig weggestap omdat hy besef het dat die fout by hom gelê het.

Getuig jou lewe van integriteit in alles wat jy aanpak? Of trap jy soms in dieselfde strik as die bakker deur ander te oordeel of te veroordeel terwyl jyself ook nie perfek is nie? In Psalm 112:1-2 herinner die Psalmdigter ons daaraan dat ons lewe van integriteit tot seëning van ons nageslag kan lei: “Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here. Sy nageslag is ’n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseën…”

Kom ons besluit vandag om ’n lewe van integriteit te lei en weg te bly van korrupte besigheidstransaksies, vleitaal van iemand buite ons huwelik of enige ander onregmatige kortpad om ’n bepaalde eindpunt te bereik. Onthou, God is in staat om ons te seën en te bevorder op die regte tyd mits ons kies om ’n lewe te lei waarop Hy kan trots wees. Sterkte.

Vader God, baie dankie dat U nooit sluimer of slaap nie. Help my om besluite te neem waarop U kan trots wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte. Vir meer inligting, besoek www.benescke.co.za.

NUUSBROKKIES:

  • ENGELSE WEERGAWE: Vers-’n-dag is also available in English. Please contact us at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if you want to change your subscription.
  • MOTIVERINGSPRAATJIES:  Benescke tree op as spreker:
  • 22 September 2011, Stellenbosch. Kontakpersoon: Minette by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
  • 5 November 2011, Bloemfontein. Kontakpersoon: Mariana by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

TERUGVOER: Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle oor die dagstukkies of Bybelvrae wat jy het na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..  

HET JY ’N GETUIENIS? Stuur vir ons jou getuienis van waar God vir jou deurgekom het na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Dit kan oor enigiets wees. Ons deel dit van tyd tot tyd met die lesers. Dankie. Benescke

As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag-dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal hierdie diens nie moontlik wees nie.

Previous article: Vers n dag - 31 Augustus 2011 Prev Next article: Vers n dag - 29 Augustus 2011 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.