Vers n dag - 11 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 24: HOEKOM OM TE VERGEWE?
Deur: Benescke Botha
Op ’n dag het ’n koning besluit om saam met sy amptenare sy boeke na te gaan om te bepaal hoeveel uitstaande skuld hy het. Geskok het hulle ontdek dat een van sy amptenare in sy ryk hom etlike miljoene rande geskuld het. De koning het onmiddellik die opdrag gegee dat daardie amptenaar saam met sy vrou en kinders en al sy besittings verkoop moes word sodat sy uitstaande skuld ingevorder kon word.
In trane het die geboeide amptenaar voor die koning op sy knieë neergeval en gesoebat: “O grote koning, gee my asseblief tog net uitstel! Ek sal aan u alles terugbetaal. Asseblief, moet net nie my gesin van my af wegneem nie!†Die koning het die amptenaar jammer gekry en besluit om sy skuld af te skryf. Die boeie is van die amptenaar se enkels en gewrigte afgehaal en hy was vry om huis toe te gaan.
Net toe die amptenaar die paleis verlaat het hy egter in ’n man vasgeloop wat hom slegs ’n paar honderd rand geskuld het. Onmiddellik het hy die amptenaar die ander man aan die kraag gegryp en hom begin wurg terwyl hy met ’n skeltong na hom gefluister het: “Jy skuld my geld! Waar is dit?†Toe die man nou voor die amptenaar op sy knieë neerval en smeek vir uitstel, het die amptenaar hom sonder genade aangekyk en beveel dat hy onmiddellik in die tronk gestop moes word.
Die nuus het gou by die koning uitgekom en wit van woede het hy die amptenaar ontbied. Met die amptenaar se intrapslag in die paleis het die koning reeds begin skel: “Jou skurk! Ek het miljoene rande se uitstaande skuld vir jou afgeskryf. En wat maak jy met die man wat jou geld skuld?!†In sy woede het die koning hierdie amptenaar oorgegee om gemartel te word totdat hy al sy geld kon terugbetaal.
TEKSVERS VIR DIE DAG (kies een teksvers om vandag oor na te dink):
· Kolossense 3:13: “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.â€
· 1 Johannes 1:9: “Maar as ons, ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons, ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.â€
Deur Jesus Christus se kruisdood kan ons vandag met vrymoedigheid na God se troon gaan met die wete dat as ons, ons sondes (met ’n opregte hart) bely, Hy ons sal vergewe – net soos die koning die amptenaar vergewe het.
Nou is my vraag: Vergewe jy ook daardie ouer, kollega of kennis in jou lewe teenoor wie jy steeds ’n wrok koester?
Vader God, baie dankie vir die vergifnis van al my sonde wat ek uit u hand ontvang. Lei my asseblief deur u Heilige Gees en gee aan my die krag en wysheid om my skuldenaars (die persoon se naam) te vergewe. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Bostaande storie is gebaseer op die storie uit Matteus 18:21-35.