Vers n dag - 15 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan
DAG 26: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 1)
Deur: Benescke Botha
<Ter agtergrond: Met die groot hoeveelheid eposse en vrae wat ek oor die afgelope paar weke oor die Heilige Gees gekry het, het ek besluit om die huidige “Hoe of hoekom om te...â€-reeks vir eers af te sluit met ’n “mini-reeks†getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?†(Deel 1 tot 10). Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na
Hoeveel besluite het jy al vandag geneem? Toe, stop vir ’n oomblik en dink daaraan. Nie net moes jy besluit oor watter klere jy vandag gaan dra nie. Jy moes besluit oor wat jy vir ontbyt gaan eet. Watter van die eposse jy eerste gaan lees en/of beantwoord en heel moontlik moes jy ook besluit oor wat jy later vandag in een van jou vergaderings op die agenda gaan plaas. Het jy geweet dat ’n gemiddelde, intelligente mens daagliks tot 72% van sy of haar tyd spandeer om bewustelike of onbewustelike besluite te neem? DÃt aldus ’n onlangse navorsingstudie.
Â
Hoeveel makliker sal dit nie wees as jy die Heilige Gees daagliks deel van jou lewe maak en Hom vra om jou te lei in elke situasie en besluit wat jy moet neem te lei nie? Tog hoor ek gereeld hierdie vrae: Wie of wat is die Heilige Gees? Hoe klink sy stem? En hoe maak ek Hom deel van my daaglikse besluite?
Â
Luister weer wat Jesus oor die Heilige Gees gesê het:
- Johannes 14:16-17: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid (die Heilige Gees).â€
- Johannes 15:26: Jesus het gesê: “Wanneer die Voorspraak (die Heilige Gees) kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur... sal Hy oor My (Jesus) getuig.â€
Â
In die volgende paar dae gaan ons kyk na karaktereienskappe van die Heilige Gees, die vrugte van die Gees en ook die gawes wat die Heilige Gees gee met die doel dat ons sy stem daagliks kan herken en volg in ons lewens.
Â
Sit jy vandag in ’n situasie waar jy bonatuurlike raad en wysheid in jou werkplek of persoonlike lewe benodig? Kan ek jou uitdaag om vir ’n oomblik stil te word en God te vra om jou deur sy Heilige Gees te lei? Vertrou dan op die leiding van die Heilige Gees in die vorm van ’n rustigheid of onrustigheid in jou gees. Onthou, Jesus het die Heilige Gees gegee om vir ewig by ons te wees om ons in elke situasie te lei en van aankomende gevaar te beskerm. Sterkte.
Â
Vader God, baie dankie dat U bereid was om u Heilige Gees aan elkeen van ons te gee. Help my asseblief om daagliks die krag en rol van die Heilige Gees in my lewe beter te verstaan. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
VRAE OM IN JOU STILTETYD OOR NA TE DINK (skryf dalk die antwoorde in ’n joernaal neer):
- Wie of wat is die Heilige Gees – en hoe klink sy stem?
- Het jy al die Heilige Gees se stem gehoor? Was jy gehoorsaam of ongehoorsaam daaraan?
- Hoe laat jy dag tot dag toe dat die Heilige Gees jou lewe beheer?
NUUSBROKKIES:
- ONS NUWE WEBWERF IS OOP: Besoek gerus Vers-n-Dag se webwerf by www.versndag.co.za. As jy van die vorige stukke gemis het wat in die jaar uitgegaan het, kan jy dit gerus daar kry.
Â
- ENGELSE STUKKE: Benescke se vertaalde stukke van die Psalms-reeks wat in verlede jaar uitgestuur is word van vandag af na ons Engelse Verse-a-Day intekenare uitgestuur. Teken dus gerus jou Engelse vriende hier in by kliek hier.
Â
- PRAATJIE: Benescke Botha tree op as gasspreker by Vroue Fokus se Biddag vir Vroue op 4 Maart 2010, 19:00 in die Hartbeespoortdam omgewing. Wesmoot NG Gemeente. Kontakpersoon: Judy (082 908 2208).
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
**Benescke Botha is ’n radio-aanbieder en vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte
Â
Â