Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 16 Februarie

HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...”

NEEM DEEL: Die huidige “Hoe of hoekom om te...”-reeks word vir eers met ’n “mini-reeks” afgesluit getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?” (Deel 1 tot 10). Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..


DAG 27: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 2 van 10)

Deur: Benescke Botha

DEEL 2: WAAR PAS DIE HEILIGE GEES IN DIE HEILIGE DRIE-EENHEID IN?

DRIE KEER in die Bybel lees ons van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees saam op een plek:

 

1) MET DIE SKEPPING:

  • Genesis 1:2-3: “Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: "Laat daar lig wees!" En daar was lig.” God is die Skepper. Jesus is die Woord van God. En die Heilige Gees is die krag wat die wonderwerke laat gebeur.

 

2) JESUS SE DOOP:

  • Matteus 3:16-17: “Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ’n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook ’n stem (van God) uit die hemel wat gesê het: ‘Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.’”

 

3) MET STEFANUS SE STENIGING:

  • Handelinge 7:55-56: “Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan.”

 

MAAR WAAR IS WIE VANDAG?

In Psalm 47:9 lees ons dat God in die hemel op sy troon sit. In Markus 16:19 lees ons dat Jesus weggegaan het om aan God se regterhand in die hemel te gaan sit. En in Johannes 14:16-18,25 lees ons dat Jesus aan sy dissipels sê dat Hy hulle nie as weeskinders sal agterlaat wanneer Hy weggaan nie, maar dat Hy vir God sal vra om vir hulle die Heilige Gees te stuur om ewig by hulle te bly (sien teksverse onderaan).

 

WAAR IS DIE HEILIGE GEES VANDAG?

Na Jesus se kruisdood en hemelvaart was die gelowiges bang dat hulle ook dalk deur die Romeinse soldate vervolg kan word. Dit was ’n moeilike tyd in die geskiedenis – en heel moontlik in die vroeë gelowiges se geloofslewe ook. In Handelinge 2:1-4 lees ons dat hulle met die Pinksterfees saam in een vertrek bymekaargekom het. Mens kan net wonder of hulle nie dalk daardie aand die deure gesluit het en sag na mekaar gefluister het om nie te veel aandag na hulle toe te trek nie.

 

Skielik het hulle egter ’n sterk stormwind gehoor wat die vertrek gevul. Vuurtonge het bokant almal se koppe verskyn terwyl hulle deur die Heilige Gees se krag in verskillende tale begin praat het. Waar hulle vroeër bang was vir vervolging, het die Heilige Gees hulle nou met selfvertroue gevul. En waar hulle vroeër uit vrees agter geslote deure na mekaar gefluister het, was die apostels en dissipels (net soos Stefanus met sy steniging) bereid om op markpleine ’n martelaarsdood te sterf terwyl hullle die Verlossingsboodskap van Jesus Christus aan die wêreld kon oordra.

 

Besef jy dat die Heilige Gees tot vandag toe nog op die aarde is? Vir diegene wat Hom toelaat, tree Hy op as ’n Leidsman en Vriend. Dit is Hy wat ons vrees ook kan verwyder terwyl Hy ons met selfvertroue vul. Dit is Hy wat ons lei en troos wanneer ons hartseer is. En dit is Hy wat die Bybel as die Lewende Woord van God vir ons kom oopbreek wanneer ons Hom vra om dit vir ons te doen. Maak jy Hom daagliks deel van jou lewe?

 

Vader God, baie dankie dat U die Heilige Gees vir ons nagelaat het om ons daagliks te lei. Help my asseblief om die karakter van die Heilige Gees beter te verstaan. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

  • VRAE WAT IN DIE VOLGENDE PAAR DAE BEANTWOORD SAL WORD: Hoe hoor ek die stem van die Heilige Gees?; Hoe maak ek die Heilige Gees deel van my lewe?; Hoe ontdek ek die gawes wat die Heilige Gees aan my gegee het?; Die rol van die Heilige Gees in my lewe – en my ongelowige vriende se lewens?


 

EKSTRA TEKSVERSE:

Waar is God:

  • Psalm 47:9: “God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon.”
  • Jesaja 40:22: “God het sy troon bokant die hemelkoepel ... Hy span die hemel oop soos ’n tentdoek, oop soos ’n tent vir die mense om onder te woon.”
  • Psalm 33:13-14: “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon.”

WAAR IS JESUS?

  • Handelinge 5:31-32: God het Hom (Jesus) verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe.”
  • Markus 16:19: “Nadat die Here Jesus dit vir hulle gesê het, is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.”

WAAR IS DIE HEILIGE GEES?

  • Johannes 14:16-18 16-18: “Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak (DIE Heilige Gees) stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”
  • Johannes 14:25: "Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

NUUSBROKKIES:

  • ONS NUWE WEBWERF IS OOP: Besoek gerus Vers-n-Dag se webwerf by www.versndag.co.za. As jy van die vorige stukke gemis het wat in die jaar uitgegaan het, kan jy dit gerus daar kry.

 

  • ENGELSE STUKKE: As jy die Engelse stukke wil ontvang, teken gerus hier in: kliek hier. Benescke se vertaalde stukke van die Psalms-reeks wat in verlede jaar uitgestuur is word tans na die Engelse Verse-a-Day intekenare uitgestuur.

 

  • PRAATJIE: Benescke Botha tree op as gasspreker by Vroue Fokus se Biddag vir Vroue op 4 Maart 2010, 19:00 in die Hartbeespoortdam omgewing. Wesmoot NG Gemeente. Kontakpersoon: Judy (082 908 2208).


BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Sonder die nodige ondersteuning sal die diens nie moontlik wees nie.

 

TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

 

HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Stuur ook foto’s saam. Dit kan oor enigiets wees. Dankie. Benescke

 

Previous article: Vers n dag - 17 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 15 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.