Vers n dag - 17 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Die huidige “Hoe of hoekom om te...â€-reeks word vir eers met ’n “mini-reeks†getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?†(Deel 1 tot 10) afgesluit. Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na
DAG 28: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 3 van 10)
Deur: Benescke Botha
DEEL 3: IS DIE HEILIGE GEES VAN DIE OU EN NUWE TESTAMENT DIESELFDE?
Simson kon ’n leeu met sy kaal hande verskeur. Gideon was een oomblik nog doodbang om met sy 300-man weermag teen die groot aankomende leër van die vyand te gaan veg. Die volgende oomblik het hy krag en selfvertroue gehad om heel voor in die oorlog uit te hardloop. En Dawid was ’n gewone skaapwagter wat met selfvertroue vreesloos op die reus, Goliat afgestap het om hom te verslaan. Wat het die verskil in hierdie mans se lewens gemaak? Telkens, die teenwoordigheid van God se Gees (sien teksverse onderaan).
Â
1) DIE HEILIGE GEES IN DIE OU TESTAMENT:
Buiten vir bogenoemde drie mans, het die Heilige Gees oor verskeie ander mense regdeur die Ou Testament in staat gestel om bonatuurlike dinge te doen – dink maar aan die rigter, Debora wat geskille tussen die Israeliete moes oplos, Daniël en Josef wat drome kon uitlê en die profete Jesaja, Jeremia, Esegiël en Joël (en verskeie ander) wat deur die leiding van die Heilige Gees gebeure voorspel het wat eers eeue later sou gebeur. Telkens het God se Gees vir ’n bepaalde doel en tyd op sekere mense gerus.
Â
Ook Moses wat die Israeliete uit Egipte gelei het, het die Heilige Gees ontvang waarmee hy die volk met wysheid moes lei. Sommige van die Israeliete het egter jaloers geraak op Moses se vermoëns. Luister hoe Moses hierop gereageer het in Numeri 11:29: “Maar Moses sê vir hom: ‘Bekommer jy jou oor my posisie? Ek sou wou wens dat die hele volk van die Here profete was, en dat Hy sy Gees op almal mag lê.’â€
Â
Moses het uitgesien na die dag dat alle mense die Heilige Gees sou ontvang. Die profeet Joël (wat êrens in die 9de tot 5de eeu voor Christus geleef het), het oor hierdie dag geprofeteer. Luister na God se woorde aan Joël:
- Joël 2:28: “Wanneer dit alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien.â€
2) DIE HEILIGE GEES IN DIE NUWE TESTAMENT:
Na die uitstort van die Heilige Gees op die gelowiges na Jesus se hemelvaart, lees ons dat Petrus die gelowiges aan die profeet Joël se woorde herinner het:
- Handelinge 2:16-17: “Hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom.â€
Â
Dit is dieselfde Heilige Gees wat die maagd Maria swanger gemaak het, wat Johannes die doper in staat gestel het om die pad vir Jesus se koms voor te berei en wat Jesus na sy doop in staat gestel het om die wonderwerke op aarde te doen. Ook is dit dieselfde Heilige Gees wat Jesus na sy kruisdood weer uit die dood uit opgewek het (Romeine 8:11).
Â
Omdat Jesus reeds voor sy kruisdood geweet het, dat die gelowiges na sy hemelvaart vervolg sou word, het Hy hulle vroegtydig daarop voorberei:
- Lukas 12:11-12: “Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle, julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle, julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie, want die Heilige Gees sal julle op daardie oomblik leer wat gesê moet word.â€
Â
Nie net het die Heilige Gees die apostels versterk en gelei in daardie oomblikke van vervolging nie. Hy het hulle ook in staat gestel om in die Naam van Jesus Christus siek mense te genees, demone uit te dryf, lam mense weer te laat loop en verskeie ander wonderwerke regdeur die Nuwe Testament te verrig.
Â
Voel jy dalk vandag doodbang soos Gideon of staan daar dalk ’n “reus†voor jou soos in Dawid se geval? Onthou, dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood uit opgewek het, kan en wil ook in jou lewe werk. Gaan jy Hom innooi?
Vader God, vandag wil ek U vra om my asseblief opnuut met u Heilige Gees te vul. Lei my deur u Heilige Gees om in elke situasie u wil vir my lewe te ken. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
TEKSVERSE:
- Rigters 6:34: “Die Gees van die Here het vir Gideon in besit geneem, en hy het die ramshoring geblaas en die Abiësriete opgeroep om hom te volg.â€
- Rigters 14:6: “Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het die leeu kaalhand uitmekaar geskeur asof dit 'n bokkie was.â€
- 1 Samuel 16:13: “Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk.â€
- Romeine 8:11: “Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.â€
** Nota: Op ons webwerf, www.versndag.co.za is daar ’n lys met teksverse van die Heilige Gees. Trek dit gerus af en oordink die teksverse.
** Lees ander teksverse aanlyn by die Bybelgenootskap se webwerf: http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-1&book=GEN&chapter=1&version=1
NUUSBROKKIES:
- ONS NUWE WEBWERF IS OOP: Besoek gerus Vers-n-Dag se webwerf by www.versndag.co.za. As jy van die vorige stukke gemis het wat in die jaar uitgegaan het, kan jy dit gerus daar kry.
Â
- ENGELSE STUKKE: As jy die Engelse stukke wil ontvang, teken gerus hier in: kliek hier. Benescke se vertaalde stukke van die Psalms-reeks wat in verlede jaar uitgestuur is word tans na die Engelse Verse-a-Day intekenare uitgestuur.
Â
- PRAATJIE: Benescke Botha tree op as gasspreker by Vroue Fokus se Biddag vir Vroue op 4 Maart 2010, 19:00 in die Hartbeespoortdam omgewing. Wesmoot NG Gemeente. Kontakpersoon: Judy (082 908 2208).
BORGSKAPPE/ ADVERTENSIES: As jy belangstel om jou produk of diens op die Vers-’n-dag dagstukkie te adverteer, kontak gerus
Â
TERUGVOER: Is daar spesifieke temas waaroor jy in die huidige reeks meer wil lees? Stuur gerus terugvoer, opmerkings en voorstelle na:
Â
HET JY ’N GETUIENIS? Wil jy graag met ons en moontlik met ons lesers jou getuienis deel van wat God in jou lewe gedoen het? Stuur ’n epos aan:
Â
Â