Vers n dag - 18 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Die huidige “Hoe of hoekom om te...â€-reeks word vir eers met ’n “mini-reeks†getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?†(Deel 1 tot 10) afgesluit. Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 29: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 4 van 10)
Deur: Benescke Botha
DEEL 4: HOE HERKEN EK DIE HEILIGE GEES SE STEM DAAGLIKS IN MY LEWE?
Hier is drie stories van lesers wat drie karaktereienskappe van die Heilige Gees in ons alledaagse lewens demonstreer:
KARAKTEREIENSKAP 1: Die Heilige Gees is ons UITKYKTORING.
· Spreuke 15:3: “Die Here sien oral…â€Omdat God die toekoms ken, lei en waarsku Hy ons deur sy Heilige Gees om teen aankomende gevaar te bid.
Storie 1: Net voordat Sorita se man, Wian vir sy aandskof as tegnikus vertrek het, het hulle oudergewoonte saam gebid vir sy veiligheid op pad werk toe. Hoewel Sorita hom gewoonlik eers teen 22:00 saans sou bel om te hoor of hy veilig by sy werk aangekom het, het sy daardie spesifieke aand rondom 21:00 ’n geweldige onrustige gevoel in haar binneste oor haar man se veiligheid gekry. Instinktief het sy geweet dat dit die Heilige Gees was wat haar gelei het om vir Wian te bid. Net na 22:00 het Wian vir Sorita gebel met die nuus dat hy op die agterste sitplek van die bus wat hom werk toe geneem het aan die slaap geraak het. Toe hy van die geluid van skreeuende bande wakker skrik, het hy regop gesit en deur sy ruit in die kajuit van ’n tenkwa vasgekyk wat nou sentimeters weg van die bus gestaan het. Die tenkwa se bestuurder het vertel dat die trok se remme ingegee het en dat hy oor ’n rooi verkeerslig gejaag het. Wonder bo wonder het die trok betyds tot stilstand gekom – sentimeters weg van waar Wian gelê en slaap het. Dit voorval het net na 21:00 daardie aand gebeur (die tyd wat Sorita vir haar man se veiligheid gebid het).
KARAKTEREIENSKAP 2: Die Heilige Gees is ons BRON VAN WYSHEID in elke situasie.
· Jesaja 30:21: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’†Dit is God se Gees wat ons daagliks lei.
Storie 2: Toe Theuns by die produksie-aanleg van sy maatskappy instap, het sy hart vinnig geklop. Dit was vyf jaar sedert hy as bestuurder in die aanleg gewerk het, maar nou, met die huidige aanlegbestuurder op verlof, is hy gevra om die probleme met die vloeispoed van die aanleg uit te sorteer. Theuns was egter geskok toe hy na die baie nuwe pype, nuwe masjiene en nuwe mense in die aanleg kyk. Hoe sou hy ooit die kernprobleem kon opspoor? Na ’n string gesprekke met die aanlegwerkers, het Theuns egter besef dat hy in ’n doodloopstraat beland het. Niks wou hom in die regte rigting lei nie. Uit frustrasie het hy omgedraai en vir die soveelste keer ’n skietgebed gedoen dat God hom in hierdie situasie met wysheid moes lei. Dit is in daardie oomblik dat sy aandag skielik na twee spesifieke krane reg voor om getrek is. Uit ondervinding het Theuns geweet dat hierdie twee krane maklik omgeruil kon word. Hy het die werkers aangesê om die krane om te ruil. Toe die werkers in die aanleg begin juig omdat die probleme skielik uitgesorteer was, het Theuns weer sy kop gebuig en God gedank omdat hy besef het dat die Heilige Gees hom pas na sy antwoord gelei het.
KARAKTEREIENSKAP 3: Die Heilige Gees is ons INTERNE NAVIGASIESTELSEL.
· Filippense 4:6-7: “… maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.â€
Storie 3: Onlangs is Leon deur sy bestuurder ingeroep met die vraag of hy dit sou oorweeg om na ’n ander pos in sy maatskappy te skuif aangesien een van sy kollegas nie meer gelukkig in haar pos was nie. Die bestuurder het drie opsies vir hom op die tafel gesit waarvan die bestuurder se eerste keuse was dat Leon voortaan in Polokwane moes gaan werk. Hy sou dus weekliks soontoe moes ry. Leon het gesê dat hy oor die saak sou bid en dan met ’n antwoord na die bestuurder sou terugkom. Hoe meer Leon oor die saak gebid het, hoe groter het die onrustige gevoel in sy hart geword. Toe hy finaal besef dat dit God se leiding deur sy Heilige Gees moet wees wat hom lei, het hy met sy bestuurder gaan praat en hom ingelig dat hy nie na Polokwane wou skuif nie. Tot Leon se verbasing het sy bestuurder die besluit onmiddellik aanvaar en vir hom iets anders aangebied.
Besef jy dat die Heilige Gees jou ook daagliks wil waarsku teen aankomende gevaar, dat Hy aan jou wysheid wil gee wanneer jy dit benodig en dat Hy jou lei met innerlike vrede of ’n onrustige gevoel. Slaan jy ag op sy leiding?
Vader God, dankie vir u Gees wat my daagliks rig en lei in elke situasie. Help my asseblief om ag te slaan op die Heilige Gees se leiding in die vorm van rustigheid of onrustigheid in my binneste elke dag. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.