Vers n dag - 22 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Die huidige “Hoe of hoekom om te...â€-reeks word vir eers met ’n “mini-reeks†afgesluit getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?†(Deel 1 tot 10). Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. .
DAG 31: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 6 van 10)
Deur: Benescke Botha
DEEL 6: WAAR KOM DIE BYBEL VANDAAN SOOS ONS DIT VANDAG KEN?
“Hoe weet jy dat die Bybel regtig waar is? Wat is dit net ’n klomp saamgeflansde mitologiese stories is? En die feite? Hoe weet jy dat die feite waarlik korrek is?â€
Was jy dalk onlangs ook in ’n gesprek waar ’n ongelowige jou met vrae soos hierdie hierbo gepeper het? Kon jy dit effektief beantwoord? Hier is vir jou ses interessante Bybelseprofesieëwat jy vir die toekoms in jou hart kan bêre:
· Dawid het rondom die jaar 1000 voor Christus voorspel dat Jesus se klere aan die kruis deur sy vyande met ’n dobbelsteen verdeel sou word (lees weer Psalm 22 – sien teksverse onderaan).
· Die profeet Jesaja het rondom 800 v.C. voorspel dat die Verlosser, Jesus uit ’n maagd gebore sal word. Ook dat Jesus later gemartel sou word om vir ons sondes te sterf (lees Jesaja 7:14 en Jesaja 53 – sien onderaan).
· Die profeet Jesaja het rondom 800 v.C. voorspel dat die Verlosser, Jesus uit ’n maagd gebore sal word. Ook dat Jesus later gemartel sou word om vir ons sondes te sterf (lees Jesaja 7:14 en Jesaja 53 – sien onderaan).
· Die profeet Miga het rondom 750 v.C. voorspel dat die Verlosser in Betlehem gebore sou word (lees gerus Miga 5:1-2 – sien onderaan).
· Die profeet Sagaria het rondom 520 v.C. voorspel dat die Verlosser op ’n donkie in Jerusalem sou inry. Dit is wat Jesus gedoen het ’n paar dae voor sy kruisdood (lees weer Sagaria 9:9 – sien onderaan).
· Dawid het rondom die jaar 1000 v.C. voorspel dat die Verlosser deur ’n vriend uitverkoop sou word. Sagaria het rondom 520 v.C. voorspel dat dit vir 30 silwer muntstukke sou wees (lees Psalm 41:10 en Sagaria 11:12-13).
Buiten vir hierdie ses Ou Testamentiese profesieë wat tot op die letter waar geword het, is daar ook nog ’n string ander voorbeelde regdeur die Bybel. Elke Bybelse profesie is op ’n bepaalde tyd deur die Heilige Gees se leiding aan konings, profete, rigters en/of gewone mense gegee met die doel dat dit neergeskryf kon word om later gelowiges se geloof op te bou.
HOE WEET ONS DAT DIE PROFESIEË IN DIE BYBEL VAN DIE HEILIGE GEES GEKOM HET?
· 2 Petrus 1: 20-21: “DÃt veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.â€
Dit is ook net deur die krag en leiding van die Heilige Gees dat dit moontlik was vir 39 verskillende skrywers (van verskillende kulture, kontinente, tale, beroepsrigtings en geslagte) om oor ’n tydperk van sowat 1,500 jaar boodskappe wat hulle van God ontvang het neer te skryf – en dat dit later verwerk kon word tot die Bybel soos ons dit vandag ken.
· 2 Timoteus 3:16-17: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.â€
Besef jy dat die God wat skep in Openbaring, ook die God is wat uit liefde sy Seun as Verlosser na hierdie wêreld gestuur het? Net so is dit dieselfde God wat in Openbaring die laaste sê sal hê wanneer die wêreld eindig. Hy is gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde. En dit is net sy Heilige Gees wat die skrywers deur die eeue kon lei om aan ons die regte beeld van God uit sy Woord te gee. Wanneer laas het jy jou Bybel opgetel om Hom beter te leer ken?
Vader God, baie dankie dat U deur u Heilige Gees vir ons die Bybel as u Lewende Woord nagelaat het. Lei my asseblief deur u Gees vandag wanneer ek gaan sit om Bybel te lees en breek die Woord opnuut vir my oop. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
** Lees hier meer as 100 profesieë wat in die Bybel tot op die letter waargeword het: http://www.100prophecies.org/
TEKSVERSE VIR VANDAG SE LEESSTUK:
· Psalm 22:19: “Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel†(lees gerus die res van die hoofstuk aanlyn)
· Jesaja 7:14: “Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel…â€
· Miga 5:1-2: “Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede! Hy sal sy mense 'n kort rukkie prysgee, so lank as dit 'n vrou neem om 'n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe.â€
· Psalm 41:10: “Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, wat altyd by my geëet het, het my in die rug gesteek.â€
· Sagaria 11:12-13:“Ek het vir hulle gesê: ‘As julle wil, gee my my loon; as julle nie wil nie, laat staan dit.’ Hulle het toe my loon afgeweeg, dertig stukke silwer. Die Here het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker! En dit was nogal die kosbare loon wat hulle gemeen het ek werd is! Maar ek het die dertig stukke gevat en dit in die huis van die Here vir die pottebakker gegooi.â€