Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 23 Februarie

HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...”

NEEM DEEL: Die huidige “Hoe of hoekom om te...”-reeks word vir eers met ’n “mini-reeks” getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?” (Deel 1 tot 10) afgesluit. Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..


DAG 30: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 7 van 10)

Deur: Benescke Botha

DEEL 7: LAAT DIE HEILIGE GEES JOU LEI TERWYL JY DAAGLIKS OP SKRIF MEDITEER

Die Heilige Gees is aan ons gegee om die Woord daagliks vir ons oop te breek en uit te lê. Vra jy Hom om dit vir jou te doen?

Skryf weereens vandag se teksvers (soos hier onder) neer. Wanneer jy dan vandag in ’n ry staan en wag of in die verkeer geïrriteerd wil raak, haal gerus die stukkie papier met die teksvers op uit jou sak uit sodat jy dit opnuut kan oordink – en onthou, vra die Heilige Gees om deur die teksvers vandag met jou te praat:

TEKSVERS VIR DIE DAG:

  • Romeine 8:6: “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.”

Fokus jy meer op die plesier en genot van die wêreld of streef jy daarna om daagliks deur die leiding van die Heilige Gees meer soos Jesus te word?

Vader God, dankie vir u Heilige Gees in my lewe. Help my om afstand te doen van die wêreldse dinge wat my van U af weglok en lei my daagliks deur u Heilige Gees om meer soos Jesus te word. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.


Previous article: Vers n dag - 24 Februarie Prev Next article: Vers n dag - 22 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.