Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Saaier, saad, onkruid - 9 Maart 2022

Xanthe Hancox 

Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met 'n man wat goeie saad op sy land gesaai het. Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword.  Matteus 13:14-26, 1983-vertaling
 
Hier het ons nog 'n gelykenis oor saad, maar hierdie keer fokus dit op die soort saad wat gesaai word en op die plante wat daarvan groei. Goeie koringsaad word in 'n land gesaai, en onkruid word ook gesaai. Die eienaar kry die keuse om die onkruid te laat verwyder, maar hy wys die aanbod van die hand. Hy wil die koring laat groei en daarom besluit hy die onkruid moet maar bly. Word die onkruid uitgetrek, sal die koring daarmee saam uitgetrek word.
 
Die eienaar weet dat tydens die oestyd sal dit makliker wees om die koring van die onkruid te skei. Intussen sal die koring groei soos koring moet groei, en die onkruid sal onkruid bly. Hy besluit om beide tot volwasse plante te laat groei, want die twee kan dan makliker geskei word – die verskil tussen die koringare en die onkruid is dan baie duidelik.
 
Hierdie is 'n prentjie van hoe God se Woord en lewe elke dag in ons groei terwyl ons in sy oesland in hierdie wêreld leef. Dit is maklik om in te pas, om soos die mense om ons te wees. Wanneer ons egter omring word deur die sonde en boosheid van hierdie wêreld, kan onsekerheid ons oorval. Maar ons Here ken ons, en Hy kies om ons nie uit sy land te verwyder nie. Hy laat toe dat ons daar bly en, in teenstelling met die onkruid, die oes te lewer wat Hy van ons verlang.
 
In die middel van die week bring hierdie gelykenis vir ons 'n boodskap van bemoediging. Vertrou die eienaar van die land, sy liefde sal jou tot volwassenheid dra.
 
Gebed: Here, dankie dat U my liefhet. Help my om vol vertroue in alle situasies die persoon te wees wat U my gemaak het om te wees. In u Naam bid ek dit. Amen
 
Previous article: Weggesteekte skatte - 10 Maart 2022 Prev Next article: Sade vol krag - 8 Maart 2022 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.