Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Weggesteekte skatte - 10 Maart 2022

Xanthe Hancox 

“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land. “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel. Matteus 13:44-46, 1983-vertaling
 
Die Israeliete het 'n geskiedenis van buurlande wat hulle binnegeval, oorwin en geplunder het. Wanneer oorlog uitgebreek het, het boere hulle waardevolle besittings in 'n land gaan begrawe ingeval hulle huise gestroop word. Dikwels is die gesin ongelukkig deur die indringers weggevoer en hulle skatte het daar weggesteek gebly, totdat iemand – gewoonlik wanneer daar geploeg word – dit jare later ontdek het.
 
Jesus het hierdie scenario gebruik as agtergrond vir die eerste van twee kort gelykenisse oor die koninkryk van die hemele. En toe die man die skat gevind het, sê Jesus: "maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land." Die tweede gelykenis volg 'n soortgelyke patroon: iemand vind iets waardevol en verkoop alles om dit te kan koop.
 
Wat dan is die waarde van die koninkryk van die hemele? Jesus sê dat vir die een wat dit vind, is dit meer kosbaar as enigiets wat hy of sy besit.
 
Oorweeg die volgende: Die koninkryk van die hemele se waarde is jou lewe waarvoor Jesus met sy lewe betaal het. Toe Jesus die verlore skat, jy, gevind het, het Hy in sy blydskap gegaan en alles verkoop sodat Hy jou kon besit!
 
Gebed: Here Jesus, dankie dat ek vir U so waardevol is dat U u lewe gegee het sodat ek vir ewig kan leef. In u Naam alleen. Amen
 
Previous article: Goeie vis en slegte onkruid - 11 Maart 2022 Prev Next article: Saaier, saad, onkruid - 9 Maart 2022 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.