Vers n dag - 24 Februarie
HUIDIGE REEKS: “Hoe of hoekom om te...â€
NEEM DEEL: Die huidige “Hoe of hoekom om te...â€-reeks word vir eers met ’n “mini-reeks†afgesluit getiteld, “Hoe om die Heilige Gees beter te verstaan?†(Deel 1 tot 10). Het jy enige spesifieke vrae rondom hierdie tema, stuur gerus vir my ’n epos na
DAG 33: HOE OM DIE HEILIGE GEES BETER TE VERSTAAN? (DEEL 8 van 10)
Deur: Benescke Botha
Â
DEEL 8: WATTER VRUGTE DRA JY AAN JOU BOOM?
Gestel jy mal oor perskes, maar allergies vir pruime. In jou opgewondenheid oor jou nuwe huis wat jy pas gekoop het, stop jy as leek by die kwekery om vir jou ’n perskeboom vir jou agterplaas te koop. As al die bome in die kwekery kaal en sonder vrugte is, hoe gaan jy verseker weet dat die boom wat jy pas gekoop het werklik ’n perskeboom is? Jy sal moet wag totdat die boom begin bot, omdat die vrugte aan die takke jou sal oortuig dat dit ’n perskeboom is, reg?
Â
Gestel nou dat jy die boom vir maande lank versorg met kunsmis en water en dan geskok in die bot-gedeelte van die boom besef dat jy een van die pruimbome reg langs die perskebome in die kwekery gevat het. In stede van perskes, dra die boom nou pruime! ’n Teleurgestelde oomblik, nie waar nie?
Â
Op aarde kan ons Christene ook met hierdie bome in die kwekery vergelyk word. Ons noem onsself ’n “Christenboom†wat potensieel ook “Heilige Gees vrugte†kan dra. Tog kom die toets in die “bot-gedeelte†van ons lewens. Hoe hanteer jy daardie oomblikke wanneer jy jouself in die verkeer agter ’n swak of stadige bestuurder bevind? Hoe hanteer jy ’n situasie in die werkplek of in jou huisgesin as dinge nie verloop soos jy dit beplan het nie? Of wat is jou reaksie wanneer jy jouself skielik in ’n situasie bevind waar jy jou aartsvyand dubbeld en dwars kan terugbetaal vir wat hy of sy aan jou gedoen het? Kies jy om liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing deel van jou lewe te maak? Of dra jy die vrugte van rusie, woede, afguns en al hierdie dergelike dinge?
Â
In Galasiërs 5:19-22 lees ons van twee verskillende tipes vrugte wat elkeen van ons potensieel aan ons lewensboom kan dra:
Â
TIPE 1: VRUGTE VAN DIE SONDIGE NATUUR
- Galasiërs 5:19-21: “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.â€
TIPE 2: VRUGTE VAN DIE HEILIGE GEES
- Galasiërs 5:22: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.â€
Jy kan jouself ’n “Christenboom†noem, maar onthou, die toets lê in die “bot-gedeelte†– daardie tye wanneer jy onder druk geplaas word. Dra jy perskes (die vrugte van die Heilige Gees) of stel jy die mense rondom jou teleur wanneer hulle besef dat jy eintlik ’n pruimboom is?
Â
Vader God, baie dankie dat ek U kan vra om my deur u Heilige Gees te lei om daagliks te streef daarna om die vrugte van die Heilige Gees deel van my lewe te maak. Lei my deur u Heilige Gees waar ek nog swak is en gee aan my die krag om daagliks meer soos Jesus te word. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Â
Â