Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Lewe en dien in God se koninkryk (1) - 30 Augustus 2022

Fanie Richter 

“Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ’n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit... Wie ore het, moet luister.” Matteus 11:12,15, 1983-vertaling
 
As jy dink oor jou lewe – waarop fokus jy?
 
As jy hoor van die koninkryk van God, hoe dink jy daaroor – en oor jouself daarin?
 
As ons Jesus Christus as Here aanvaar, dan word ons met God versoen in sy koninklike familie en dan lewe ek en jy in sy koninkryk – máár, dan gaan dit nie net daaroor (eintlik op ’n eiegerigte, selfsugte wyse) dat my ‘saak reg kan wees’ om hemel toe te gaan nie. Met so ’n gesindheid mis ek die ‘big picture’, want dit gaan oor – wat nou? Van nou af, totdat ek in die ewige heerlikheid van die hemel kan ingaan – wat nou?
 
Want in hierdie koninkryk is Jesus Christus nie net my Verlosser nie – Hy is meer, Hy is Here, Hy is Koning – en in die koninkryk regeer die Koning, en moet mense lewe en dinge gebeur soos die Koning bedoel – vir die beswil van sy mense! Daarvoor het Hy ’n plan, en dus ook ’n rol vir jou en my lewe in sy koninklike familie en ryk. Daarom gaan dit oor meer as om net jou sonde te bely en vergifnis. Ons moet van Hom as Here en Koning leer en dit inoefen en uitleef ter wille van ons en almal se lewens. So word Hy verheerlik en ons geseën.
 
Maar ons sukkel hiermee. Dis soms moeilik om te snap. Jesus vra ons egter om dit saam met Hom te doen. Laat Hom Here en Koning van jou lewe wees – en dink vandag hieroor na.
 
Gebed: Here, ek wil graag reg lewe. Help my asseblief om U as Koning van my lewe te aanvaar en vir U en my naaste te lewe, soos U bedoel. Heilige Gees, help my om daarvolgens reg te dink en doen, in Jesus Christus se Naam. Amen.
 
Previous article: Lewe en dien in sy koninkryk (2) - 31 Augustus 2022 Prev Next article: God kan en wil deur jou 'n verskil maak - 29 Augustus 2022 Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.