Vers-n-dag Vers-n-dag
Vers-n-dag Vers-n-dag
  • tuisblad
  • dagstukkies
  • verse-a-day
  • intekening
    • english - verse-a-day

Vers n dag - 1 Maart

HUIDIGE REEKS: 
VAN ALLES EN NOG WAT
1. Hoe passievol is jy?
deur Hennie Symington
Apatie of passie?
Teen die een muur van my kantoor het ek die volgende woorde opgeplak: “Laat jou ‘ja’ jou ‘ja’ wees, en jou ‘nee’ jou ‘nee’ wees” omdat ek, soos meeste van ons weet my  ‘ja’ is nie altyd my ‘ja’ nie en my ‘nee’ is dikwels sommer net doodgewoon dubbelsinnig.
In ʼn wêreld wat lyk of dit nie eintlik meer kop of stert maak uit wat reg of verkeerd is nie, is dit meestal ʼn geval van laat “godswatermaaroor-godsakkerloop”. Die vraag is: hoe passievol is jy? Waar trek jy die streep? Hoe oordeel jy diegene wie se waardes lynreg van joune verskil? Waar staan jy wanneer ʼn streep getrek moet word? Wanneer is jou nee ʼn besliste nee en jou ja ʼn dawerende ja?
Hoe passievol was Jesus?
Jesus het ʼn absolute passie gehad vir die mensdom. Hy het ʼn baie duidelike streep getrek oral waar mense seerkry en ly onder onmenslikheid, onsensitiwiteit, vooroordeel, arrogansie, skynheiligheid, haat en korrupsie. Hy trek  ʼn streep deur gebruike en tradisies wat mense verslaaf. En van toeka tot nou en tot in ewigheid trek Hy  passievol die streep waar die mensdom met sy sondige natuur oor die tou trap.
So laat jou ja jou ja wees, en jou nee jou nee. In Openbaring 3 waarsku Johannes die mense van Laodisea om nie louwarm te wees nie want dis dieselfde as om doodgoed of goed dood te wees. So maak jy geen hond haar af in die stryd tussen goed en kwaad nie.
Gebed vir vandag
Ek bid Here, dat U my morele kompas sal wees sodat ek die bose wat daar in apatie skuil kan herken.Maak my passievol vir reg en geregtigheid.
Vers ʼn dag
Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was!
Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg. Op..3:15 - 16
Previous article: Vers n dag - 2 Maart Prev Next article: Vers n dag - 25 Februarie Next

Copyright © 2024 Vers-n-dag. All Rights Reserved.